Mossel Bay Advertiser

‘n Genotvolle, dog ernstige staptog

-

Vrolike stapper, skryf: Vrydagmidd­ag, 9 Februarie, het twee skoolbussi­es met 32 baie opgewonde leerders, waaronder 24 Gorries van Hoërskool Punt, vertrek op hul eerste natuurlewe­staptog.

Almal was baie opgewonde en die volgestopt­e rugsakke is gretig ingelaai.

Die eerste oornag plek was ‘n ene Ludwig se gewese woonplek. Sakke is neergesit en daar is in die dam gaan afkoel. Terug by die hut is daar vuur gemaak, gebraai en gekuier.

Later die aand, is ‘n nagmars aangepak. Pikdonker, geen ligte en die bestemming? ‘n Verlate begraafpla­as. Groot was die verligting toe die stappers weer by die oornagplek aankom.

Na ‘n lekker nagrus, het die staptog van 17km die Saterdagog­gend in alle erns begin.

Die opdraandes en afdraandes was ‘n groot uitdaging. Dis hier waar die stappers besef het dat al die heerlike kos en drinkgoed in hulle rugsakke darem swaar beginne raak. Gelukkig was daar weer ‘n swemgat op die roete waar afgekoel kon word.

Na ‘n baie lang dag, het die stappers die Rondebossi­e-hut bereik. Sakke is neergegooi en daar is op die gras gerus. Aandete was weer heerlike braaivleis. Om die aand af te sluit, is daar weer in die bos gewandel, terwyl die grillerige storie van Ludwig aan die stappers vertel is.

Volgens oorlewerin­g was Ludwig vreeslik depressief na die dood van sy vrou en kinders.‘n Vrou in die omgewing was jammer vir hom en het begin om vir hom kos te bring.

Ludwig het egter letterlik sy tande begin skerpmaak, net om een aand die vrou te gryp, te byt en by die trappe af te stamp. Dei val het haar einde beteken.

Dit was maar ‘n skrikkerig­e klomp stappers wat daardie aand seker gemaak het die deure en vensters se knippe en grendels is styf vasgemaak vir die nag wat voorlê.

Sondagogge­nd het die stappers die laaste paar kilometer aangepak. Almal was baie opgewonde om die bussies te sien en op pad huis toe, is daar lekker gelag oor die naweek se pret.

 ??  ?? Die glimlaggie­s vertel die storie.
Die glimlaggie­s vertel die storie.
 ??  ?? Moeg, maar steeds vol gees.
Moeg, maar steeds vol gees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa