Mossel Bay Advertiser

Puik diens verdien ondersteun­ing

-

Chris Smit, skryf:

Net om ook by te bly koop ek ‘n hoë digtheid TV met aparte dekodeerde­r vir ons slaapkamer.

Daar kom reeds ‘n lugdraadka­bel van die woonkamer na die slaapkamer en ‘n eenvoudige verdeler sal tog sein aan al twee dekodeerde­rs verskaf. Die slimmes op die internet bevestig dit dan. Helaas onwaar.

Ek koop maar gedwee ‘n dubbeloog vir die skottel en my handlanger suiker Saterdag teen die 45 grade dak uit en ruil die twee oë om. Nog geen sein! Ons knip die punte van die lugdrade en vestig nuwe draad in die konneksies. Morsdood!

‘n Vinnige oproep na die dekodeerde­rhulplyn bevestig dat altwee dekodeerde­rs geen sein ontvang nie. Hoe nou gemaak Saterdag 13:00 en die winkel waar die dubbeloog gekoop is, is reeds gesluit.

Voor ek die 16 pond hamer gaan haal onthou ek van ‘n advertensi­e in die Advertiser onder algemene herstelwer­k. Ek skakel vir André op sy selfoon en dankie tog hy antwoord. Na ’n kort bespreking stel hy voor dat hy sal kom kyk.

Binne ‘n halfuur is hy op terrein en met die nodige meetaparaa­t werk die eerste dekodeerde­r na slegs 10 minute. Nog 10n en die tweede dekodeerde­r begin laai. Vir sulke diens oor ‘n naweek moet man maar betaal en ek staal myself vir die rekening. Ek val byna om want die bedrag wat hy noem kan beswaarlik sy vervoerkos­te vanaf KleinBrakr­ivier dek!

Sulke diens verdien die ondersteun­ing van die gemeenskap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa