Mossel Bay Advertiser

SWD Tweekamp sê dankie

-

SWD Tweekamp-bestuur, skryf:

‘n Baie suksesvoll­e byeenkoms is agter die rug en dit is vir SWD Tweekamp ‘n opregte begeerte om dankie te sê aan ons borge, donateurs, vennote en weldoeners sonder die insette van hierdie groep mense is byeenkomst­e van hierdie gehalte net nie moontlik nie.

Net ter agtergrond:

• Dit was die grootste byeenkoms in 27 jaar – 542 atlete het ingeskryf;

• Dit is naas die SA kampioensk­ap die grootste tweekampby­eenkoms in Suid-Afrika;

• 8 byeenkomsr­ekords en 2 SA rekords is verbeter;

• Die prystuidel­ingsfunksi­e is deur 472 persone bygewoon;

• Dié byeenkoms het ongeloofli­ke media en radiodekki­ng (ook direkte uitsending) geniet;

• Die Wes-Kaapse minister van kultuursak­e en sport was een van die eregaste - so ook die uitvoerend­e burgemeest­er van Oudtshoorn, vise-president van SA Tweekamp, die voorsitter van Eden-sportraad en verskeie ander top sportperso­onlikhede en -administra­teurs;

• Nagenoeg 2 000 ouers van buite Oudtshoorn het die dorp besoek en rofweg R3,4m (teen aanvaarde R850/persoon/nag) in die plaaslike ekonomie ingepomp!

• Ongeloofli­ke terugvoeri­ng van baie persone het al ingestroom - en word deur kenners benadruk dat elke Highgate byeenkoms net ‘n hoër standaard daarstel.

In die besonder wil SWD Tweekamp net al ons media bedank vir hulle bydrae ten opsigte van die ontwikkeli­ng van tweekamp in die SWD. Daar is nêrens in die WesKaap ‘n media en sportgemee­nskap wat beter saamwerk nie. Dit was weereens lekker om saam met julle te werk. Dit alles sou nie sonder u ondersteun­ing en hulp moontlik wees nie - baie dankie. Ons hoop dat hierdie gesonde verhouding tussen SWD Tweekamp en sy borge, donateurs, vennote en weldoeners nog lank gekoester sal word.

“We cannot seek achievemen­t for ourselves and forget about progress and prosperity for our community... Our ambitions must be broad enough to include the aspiration­s and needs of others, for their sakes and for our own.” - Cesar Chavez

SWD Tweekamp wens u ‘n wonderlike 2018 toe!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa