Mossel Bay Advertiser

SPORTBROKK­IES / SPORT IN SHORT

-

• Sportbrokk­ies moet die Mossel Bay Advertiser teen Dinsdae om 14:00 bereik.

• Sport in short must reach the Mossel Bay Advertiser by 14:00 on Tuesdays.

EENDAG-SKIPPERSKU­RSUS

‘n Een seemyl- en binnewater­skippersku­rsus word op Saterdag, 24 Februarie aangebied. Dit is ‘n eendag-kursus en sluit prakties, teorie en eksamen in. Vir navrae kontak Loftus (072 765 3034) of Eliese (082 413 1070 of 044 690 7969 - huis).

LASER RUN OP GEORGE

‘n Liga/ontwikkeli­ngskliniek vir laser run vind op Sondag, 25 Februarie om 15:00 by Wellness in George plaas. Beginners is ook welkom.

BUURTWAG VRA BORGSKAP

‘n Gholfdag word op 16 Maart by die Mosselbaai-gholfbaan, ten bate van ‘n fondsinsam­eling vir die Bo-dorp-buurtwag gehou.

Die buurtwag versoek inwoners en besighede om hulle te ondersteun vir vier-bal inskrywing­s teen R1 500 per vierbal (sonder ‘n karretjie), borge vir pryse en borge vir elke gat waar individue of besighede hulself kan bemark. Daar is sewe gate oor. Vir meer inligting, kontak Leon (082 651 6228).

MOSSELBAAI-PLUIMBALKL­UB

Mosselbaai-pluimbalkl­ub nooi alle oudspelers as ook nuwe lede om by hulle te kom aan sluit. Oefeninge vind Dinsdae en Donderdae vanaf 19:00 tot 22:00 by die Van Riebeeck-stadion plaas. Kontak Hanlie Alberts (082 679 5259).

SLUIT AAN BY TRITON-HENGELKLUB

Enige belangstel­lende hengelaars wat by die Triton-hengelklub van Mosselbaai wil aansluit kan die voorsitter, Steve Denny (083 325 5051) of Banie Vermeulen (082 584 6610) kontak.

KRIEKETOEF­ENING

Mosselbaai-krieketklu­b nooi alle voornemend­e en belangstel­lende krieketspe­lers wat by die klub wil aansluit vir die 2017/2018-krieketsei­soen uit om op Dinsdae en Donderdae vanaf 17:00 tot 20:00 by die Van Riebeeck-stadion te kom deel neem aan die krieketoef­eninge. Vir navrae kontak Dirk Lewis (082 254 4614 of dirklewism­bcc@gmail.com), Mark Golden (079 879 4444) of afrigter Heinz Kruger (072 485 4025).

INVITING NEW CRICKETERS

The Mayflower Cricket Club invites players who are interested, and who are cricket fanatics, to join the club. Even if you have never played cricket, you can still join the team. Interested parties can join the facebook group, Mayflower Cricket Club. For more details, contact Riaan Prins (076 801 5423) or Clint Volkwyn (073 039 9964).

KRIEKETSPE­LERS GENOOI

Alle Sussex-krieketspe­lers en belangstel­lendes kan kennis neem dat die voorseisoe­n-oefening reeds begin het. Vir meer inligting kontak Vernon Seconds (083 665 5642) of Llewellyn Marx (078 918 5580).

BRIDGE @ GROOT BRAK

Bridge @ Groot Brak every Thursday from 13:00 at the Great Brak tennis club. Beginners welcome. Contact Johan (083 736 5747).

SOSIALE TENNIS HARTENBOS

Alle belangstel­lendes word uitgenooi om by Hartenbos-tennisklub aan te sluit vir sosiale tennis op Woensdae, Saterdae asook vakansieda­e vanaf 13:00. ‘n Sleutel kan ook gehuur word indien jy op ander tye wil speel. Sleutel is beskikbaar by Just Movies in die Spargebou.

MOSSELBAAI NETBALKLUB NOOI BELANGSTEL­LENDES

Mosselbaai-netbalklub nooi alle belangstel­lendes om by die klub, waar fiksheid hoog aangeskryf word, aan te sluit. Lede oefen op Dinsdae en Donderdae tussen 18:00 en 20:00. Ligawedstr­yde vind op Saterdae vanaf 14:00 plaas. Kontak Nadia Julies (078 788 4112 of njjulies@gmail.com) vir meer inligting.

NEEM DEEL AAN VEERPYLTJI­ESPORT

Mosselbaai veerpyltji­e-assosiasie oefen op Donderdae by die Santos Express af. Alle nuwe belangstel­lendes asook oudspelers is welkom. Kontak Hilton (072 200 9027), Xavier (072 325 7601) of Terance (073 553 2481).

JUNIOR LEWENSREDD­ERS OEFEN SONDAE

Die Mossel Bay Surf Life Saving Club se oefensessi­es vir die junior lewensredd­ers (ouderdom 14+) is Sondae vanaf 12:00 tot 13:00 by die Diasstrand-klubhuis. SMS of WhatsApp (083 456 4622) met navrae. Nuwe lede is welkom.

SOSIALE TENNIS

Die sosiale tennisdae is Woensdae en Saterdae, vanaf 13:00, by Mosselbaai­tennisklub.

Die publiek kan ander dae ook speel, mits met Danie (082 852 1454) gereël word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa