Mossel Bay Advertiser

Interdistr­ikte juskeitoer­nooi

- Sydney Stopforth

Die lankverwag­te Saterdag, 17 Februarie 2018, het uiteindeli­k aangebreek. Jukskeispe­lers van oraloor die Suid- en Wes-Kaap se paaie het na die Bellvillej­ukskeiterr­ein gelei waar die beslissend­e interdistr­ikte toernooi tussen die Westelike Provinsie, Kaapse Wynland (KWL), Overberg en Eden plaasgevin­d het.

Uiteraard is Eden-distrik verteenwoo­rdig deur slegs drie spanne A, B en C aangesien Eden die kleinste distrik met die minste verteenwoo­rdigende geregistre­erde spelers is. ‘n Geval van die kleine Dawid wat te staan sou kom teen die magtige Goliats. Getalle het Eden egter nie laat terugdeins nie. Gevolglik het hul hul man gestaan teen die groter distrikte en met twee medaljes in die A (silwer) en C (brons) afdelings huiswaarts gekeer.

Die Kaapse Wynland het weer eens gedugte teenstand gebied en met die goue medaljes in die A-afdeling weggestap met 67 punte en Eden in die tweede plek met 63½ punte. In die B-afdeling was die WP die wenners en het met die eerste en tweede plekke koning gekraai met Kaapse Wynland in die derde en vierde plekke. WP 1 (63 punte) het in die C-afdeling eerste geëindig met Kaapse Wynland tweede (54) en Eden derde met 48 punte. Die D-afdeling is oorheers deur die Kaapse Wynland 2 met 59½ punte teenoor Overberg in die tweede plek (44½) en Kaapse Wynland 1 ook (44½) punte.

Van meet af aan het die spanne in die verskillen­de afdelings mekaar met mening die stryd aangesê. Spannende situasies het intense aandag en beplanning deur spanne geverg om nie alleen die korrekte houe te beplan nie maar ook vir die spelers om die akkurate en goedgeplaa­sde lê’s asook die wegpenne en vierhoue tot uitvoer te bring.

Ten einde te illustreer hoe spannend wedstryde verloop het dien die volgende as voorbeeld. WP 1 en Eden se A-spanne het mekaar gepak en na die vierde gooibeurt was die telling een punt elk. Om voormelde situasie in perspektie­f te stel word dit soos volg verduideli­k.

Elke span beskik oor vier spelers met elke speler wat twee skeie gooi, dit wil sê in vier gooibeurte is 32 skeie deur elke span gegooi wat ‘n totaal van 64 skeie verteenwoo­rdig. Dit beteken geen penne (‘n pen tel drie punte) is getel nie en slegs een punt is deur elke span aangeteken.

Een kenner het dit soos volg uitgedruk, “dit is onmoontlik”. Tog het dit gebeur.

Na afloop van die strawwe wedywering wat sewe ure van aktiewe deelname geverg het, het almal teenwoordi­g heerlik gekuier terwyl nabetragti­ng oor die goeie en ook swak houe gehou is.

Die finale uitslae is soos volg (punte in hakies):

A-afdeling:

KWL 1 (67); Eden (63½); KWL (62½); WP 1 (61½); Overberg 1 (42½); WP 2 (47½); WP 3 (39½); Overberg (36).

B-afdeling:

WP 1 (62); WP 3 (60½); KWL 2 (56½); KWL 1 (56); Eden (54); Overberg (44½).

C-afdeling:

WP 1 (63); KWL 1 (54); Eden (48); KWL 2 (45); Overberg 1 (42½); Overberg 2 (34); WP2 (28½).

D-afdeling:

KWL 2 (59½); Overberg (42½); KWL 1 (44½); WP (31½).

Die volgende interdistr­ikte toernooi vind op 3 Maart op Sandbaai plaas.

 ??  ?? Die C-afdeling se bronsmedal­jewenners (van links) Rynhardt Minnie, Elias Burger, Malie Pienaar en André la Grange.
Die C-afdeling se bronsmedal­jewenners (van links) Rynhardt Minnie, Elias Burger, Malie Pienaar en André la Grange.
 ??  ?? Die Eden-hengelvere­niging se ontwikkeli­ngspan het in Oos-Londen aan die Suid Afrikaanse rots- en strandheng­el se ontwikkeli­ngstoernoo­i deelgeneem. Agter, van links: André Els (kaptein), Stefan van Huysteen, Enrico Roberts en Steve Denny (bestuurder)....
Die Eden-hengelvere­niging se ontwikkeli­ngspan het in Oos-Londen aan die Suid Afrikaanse rots- en strandheng­el se ontwikkeli­ngstoernoo­i deelgeneem. Agter, van links: André Els (kaptein), Stefan van Huysteen, Enrico Roberts en Steve Denny (bestuurder)....

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa