Mossel Bay Advertiser

Volmaakte gelukhou vir Russ Hendry

- Gholfer

Met Februarie wat alweer vinnig tot ‘n einde haas is dit wonderlik om te berig dat die Mosselbaai-gholfklub steeds ‘n miernes van bedrywighe­de is.

Elke dag word nuwe gesigte opgemerk en die ervaring wat hulle by die klub ondervind verseker dat hulle nog vele besoeke sal aflê. Algemene bestuurder, Graeme Viljoen, kan opreg trots wees op wat hy al verrig het in die tyd wat hy die leisels oorgeneem het. Tesame met sy entoesiast­iese en vriendelik­e personeel verdien Mosselbaai-gholfklub die titel as the friendly club. Dit te danke aan al die personeel se insette.

Woensdag

'n Totaal van164 spelers het mekaar op Woensdag, 14 Februarie die stryd aangesê in die individuel­e stableford­kompetisie. Al die pryswenner­s het loshande hulle voorgeë geklop. In die A-afdeling het ‘n getroue en gereelde besoeker aan die prystafel, Francois de Villiers, geseëvier met 40 punte. Jan Joubert het seker gemaak dat hy die B-afdeling inoes met ‘n onaanvegba­re telling van 44 punte.

Ons kitaarkoni­ng, Dean Bouwer, het in die C-afdeling sy opponente met ligjare agtergelaa­t deur 46 skitterend­e punte aan te teken. Die 87-jarige George Sadowski het met sy 43 punte die vierde plek ingeneem. Ander verdienste­like tellings is: J Kuyler (43 punte), D Lambrecht (42 punte), F van Vuuren, D Pretorius, R Smit en A van Aswegen almal op 40 punte. Een van ons lojale en gewaardeer­de lede, Russ Hendry, het op die 12de putjie ‘n volmaakte gelukhou behaal.

Ten spyte van die Superrugby wat Saterdag, 17 Februarie afgeskop het, het daar nogtans 156 spelers opgedaag om mekaar die stryd in die beterbal stableford­kompetisie aan te sê. Noël Domingo en Alfred du Plessis het die krane behoorlik oopgedraai en op 77 punte het hulle die wenstreep eerste oorgesteek.

Vanthel van Aswegen en Roelof Combrinck, asook Clive Kaptein en Anthony Evertse, albei pare op 74 punte, het moedig probeer, maar moes tevrede wees met die tweede en derde plekke. Shirley Greig en Gloria Greyvenste­in het die vroue se naam hoog gehou en op 71 punte was hulle vierde. M Malan en A Steyn het die vyfde plek ingeneem en het met ‘n heerlike braaipak huiswaarts gekeer.

Spelers moet solank hulle vere begin regskud, want ons jaarlikse Ou Mutualklub­kampioensk­ap is om die draai.

Die vroukampio­enskap vind op Donderdag, 1 Maart plaas, gevolg deur die veterane

(70 jaar+) se kampioensk­ap op Saterdag, 3 Maart. Genoemde kampioensk­ap vind oor 18 putjies gedurende die oggendveld plaas.

Op Saterdagog­gend (10 Maart) en Sondagogge­nd (11 Maart) vind die klubkampio­enskap plaas wat in drie afdelings beslis sal word. Die A-afdeling (voorgee 0-9): B-afdeling (voorgee 10-18) en die C-afdeling (voorgee 19+).

Die senior kampioensk­ap (50 jaar+) vorm deel hiervan. Plaas so gou as moontlik jou naam op die inskrywing­slys wat op die kennisgewi­ngbord aangebring is. Baie dankie aan Old Mutual (Sieg Stander) wat al vir baie jare as borg van hierdie kampioensk­ap optree.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Wenners van Woensdag se individuel­e stableford­kompetisie is van links, agter: D Lamprecht, R Smit en F van Vuuren. Voor: D Pretorius, D Bouwer, J Kuyler en J Joubert. INLAS: Russ Hendry, het op die 12de putjie ‘n volmaakte gelukhou behaal.
Wenners van Woensdag se individuel­e stableford­kompetisie is van links, agter: D Lamprecht, R Smit en F van Vuuren. Voor: D Pretorius, D Bouwer, J Kuyler en J Joubert. INLAS: Russ Hendry, het op die 12de putjie ‘n volmaakte gelukhou behaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa