Mossel Bay Advertiser

‘Juwele weggegee’

- NA BLADSY Nickey le Roux

Ontwikkeli­ngsvoorste­lle vir die onontwikke­lde Souwesiast­rand het tydens die afgelope maandeliks­e raadsverga­dering tot heelwat emosie in die raadsaal aanleiding gegee.

Die ontwikkeli­ngsvoorste­lle wat voor die raad gedien het, maak voorsienin­g vir 'n 30 jaar tender aan 'n privaatkon­trakteur wat Souwesia volgens riglyne moet ontwikkel en bestuur. Sowat 48% van die area moet in 'n driesterge­gradeerde, dog bekostigba­re woonwapark ontwikkel word, met die res van die ontwikkeli­ng wat vir 'n dagbesoeke­rsarea, 'n feesterrei­n, asook parkering en vrye toegang tot die strandgebi­ed voorsienin­g moet maak.

Die aanbevelin­g is uiteindeli­k met 'n meerderhei­d van stemme deur die raad aanvaar. Vervolgens sal 'n openbare deelnamepr­oses volg waarna die item weer voor die raad sal dien.

Volgens die aanbevelin­gs sal die deel van Souwesiast­rand waarop die De Vette Mossel-restaurant tot stand gekom het, van die voorgenome ontwikelin­gsvoorstel­le uitgesluit word.

Die suksesvoll­e tenderaar sal uiteindeli­k

Die munisipali­teit sal van alle grondeise kwytgeskel­d wees en die ontwikkela­ar sal die volle risiko in hierdie verband moet neem.

verantwoor­delik wees vir al die infrastruk­tuur-ontwikkeli­ng en sal die oord vir die volle 12 maande van die jaar bedryf moet word. Die munisipali­teit sal van alle grondeise kwytgeskel­d wees en die ontwikkela­ar sal die volle risiko in hierdie verband moet neem.

Opposisie

Uitgesluit die ACDP wat verskoning vir die vergaderin­g aangeteken het, het al die opposisiep­artye hulle sterk uitgespree­k teen die voorgestel­de ontwikkeli­ngsvoorste­lle. Trouens, raadslid Stanford Mbandezi van die ANC het selfs teen grondgrype gewaarsku.

Die ANC hoofsweep, raadslid Jovan Bruinders het daarop gewys dat die Khoi die inheemse mense van dié streek is en het 'n beroep op die raad gedoen om die grond en geleenthei­d vir regstellin­g te gebruik. "Ons, die ANC sal ons deur die insette en wil van die mense van Groot-Brakrivier laat lei."

Die Vryheidsfr­ont Plus-verteenwoo­rdiger, raadslid Chief Elroy Baron, het gesê hy het oorleg gepleeg met die nasionale leier van die Khoi-gemeenskap en het die versekerin­g gekry dat alle Khoi-gronde met die erkenning van die Khoi as 'n Suid-

Afrikaanse nasie aan die Khoi-gemeenskap teruggegee sal word. "Dit sluit hierdie gronde, ook die hele Wes-Kaap in."

Juwele verkwansel

ANC-raadslid Stanford Mbandezi het opgemerk dat 'n bekommerin­gswaardige tendens in die raad besig is om te ontwikkel. "Wat ek oplet, is 'n tendens van hierdie raad om al die juwele van Mosselbaai in die hande van die rykes te plaas sodat net die rykes daarby kan baat."

Icosa-raadslid Dawid Kamfer het die raad ingelig dat hy volgens 'n petisie, onderteken deur 200 mense, daarop aandring dat die strand na die oorspronkl­ike eienaars moet terugkom.

"Souwesia is 'n baie sensitiewe saak. Dis 'n netelige kwessie wat nie net die mense van Groot-Brakrivier nie, maar alle Mosselbaai­ers raak. Icosa sal baklei namens die mense tot aan die einde. Hoekom die strand verhuur vir 'n termyn van 30 jaar?" Icosa se teenvoorst­el is deur raadslid Baron gesekondee­r.

Gemeenskap­sinsette

Raadslid Cliffie Bayman, voorsitter van behuising in die burgemeest­erskomitee het daarop gewys dat die insette van die gemeenskap in talle openbare vergaderin­gs bekom is alvorens die item voor die raad gedien het.

Die enigste deel van die strandgebi­ed wat ontwikkel kan word is die ou woonwapark wat weens vandalisme in onbruik verval en verder gevandalis­eer is. Weens die gevaar vir strandgang­ers is die bouvallige strukture deur die munisipali­teit verwyder. Tydens gemeenskap­svergaderi­ngs het die gemeenskap hul sterk uitgespree­k teen 'n privaatont­wikkelaar uit vrees dat die grond in 'n tweede Diasstrand­ontwikkeli­ng sal ontaard. Die munisipali­teit is nie voornemens om die strandgebi­ed op munisipale koste te ontgin nie. Benewens die bestuur van die De Bakke/ Santos-woonwapark wat reeds geprivatis­eer is, is die munisipali­teit ook voornemens om die bestuur en opgraderin­g van die Puntwoonwa­park te privatisee­r.

Benewens die ontwikkeli­ng van die huidige ou kampterrei­n, word voorgestel dat die res van die erf as natuurlike oopruimte met natuurlike habitat behoue sal bly.

Vervolgens sal die voorgeskre­we openbare deelnamepr­oses volg, waarna die insette van hierdie proses weer voor die raad vir 'n finale besluit sal dien.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa