Mossel Bay Advertiser

André se nuwe wiele

- Cornelle Carstens

Hy geniet sy rolstoel so baie, dat hy sommer daarmee huis toe wil ry.

Dít is die woorde André Olivier, die dankbare begunstigd­e wat ‘n rolstoel ontvang het danksy die Broodknipp­ieprojek. Verlede Dinsdag, 27 Maart het André sy rolstoel ontvang.

As gevolg van diepaartro­mbose in sy linkerbeen, waarmee hy jarelank reeds sukkel, word André se beweeglikh­eid ernstig geaffektee­r. Vanweë sy siektetoes­tand, is amputasie waarskynli­k sy volgende stap. "Ek bedryf 'n tweedehand­se boekwinkel­tjie in Fraaiuitsi­g en het totdat ek die rolstoel ontvang het, met krukke oor die weg moes kom. Omdat my hande nie los kon wees nie, het ek baie gesukkel."

André het deur middel van 'n vriendin verneem van dienste wat plaaslik aan persone met gestremdhe­de gebied word. Nadat sy vriendin die Mosselbaai­munisipali­teit se kantoor vir gestremdhe­id, geslagsake en MIV/VIGS besoek het, is daar werk gemaak van sy situasie. Danksy die amptenare werksaam by die kantoor se toetrede, het André besoek ontvang van Elsé Kritzinger, arbeidster­apeut by die departemen­t van gesondheid en is hy ingelig oor sy opsies en watter dienste die staat hom kan bied.

Na 'n assesserin­g, was dit duidelik dat André ook kwalifisee­r vir 'n rolstoel wat toe deur die munisipali­teit aan hom geskenk is.

"Ek kan nie genoeg dankie sê nie," het André telefonies aan die Mossel Bay Advertiser gesê. As 'n blyk van waardering, het hy nou ook 'n broodknipp­iehouer in sy winkel en moedig hy almal in die Fraaiuitsi­g-omgewing aan om hulle ingesameld­e knippies te kom aflewer by Old News Bookshop, Pick n Paysentrum in Brinkleyst­raat, Fraaiuitsi­g.

Vir elke 50kg broodknipp­ies word 'n rolstoel deur Interwaste bewillig.

Daar is tans nog vyf rolstoele beskikbaar vir toekenning. Persone wat sodanige behoefte het kan 'n e-pos stuur na akritzinge­r@mosselbay.gov.za

Persone sal eers verwys word vir evaluasie om seker te maak of die rolstoele toegeken, wel geskik vir hulle behoeftes sal wees.

Begunstigd­es is self verantwoor­delik vir die instandhou­ding van die rolstoel en mag eenmalig aanspraak maak op 'n skenking.

As ‘n blyk van waardering, het hy nou ook ‘n broodknipp­ie-houer in sy winkel.

 ??  ??
 ??  ?? André Olivier glimlag breed oor sy nuwe mobiliteit. Diepaartro­mbose beperk sy beweeglikh­eid maar danksy die Broodknipp­ieprojek, kan hy nou weer laat waai. Hier is hy saam met Sharlyn Pietersen (student), Alma Kritzinger (munisipale beampte vir...
André Olivier glimlag breed oor sy nuwe mobiliteit. Diepaartro­mbose beperk sy beweeglikh­eid maar danksy die Broodknipp­ieprojek, kan hy nou weer laat waai. Hier is hy saam met Sharlyn Pietersen (student), Alma Kritzinger (munisipale beampte vir...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa