Mossel Bay Advertiser

Wetstoepas­ser in ongeluk

- Nickey le Roux

'n Wetstoepas­ser verbonde aan die Mosselbaai-munisipali­teit het, nadat hy skynbaar 'n ongeluk op Mayixhalew­eg in KwaNonqaba veroorsaak het, die toneel verlaat en vir die polisie weggekruip.

Volgens bevestigde inligting van die KwaNonqaba-polisie het dit vir polisieled­e wat die ongeluk gesien gebeur het voorgekom asof die wetstoepas­ser opsigtelik onder die invloed van alkohol was oomblikke na sy voertuig met 'n rooi bakkie gebots het.

Die wetstoepas­ser, wie se naam bekend is maar nie geïdentifi­seer mag word alvorens hy in die hof verskyn het nie, het volgens ooggetuies direk na die ongeluk op Dinsdag, 3 April sy vuurwapen uit die skede verwyder en, met die vuurwapen in sy hand, teen 'n muur vasgehardl­oop toe hy van die toneel probeer weghardloo­p het.

Hy het direk daarna oor 'n heining gespring en, toe die polisieled­e ondersoek instel, blyk dit hy het ook uit hierdie erf ontsnap deur oor 'n verdere heining te spring en weg te hardloop.

Die KwaNonqaba­polisie ondersoek klagtes van onder meer roekelose en nalatige bestuur, dronkbestu­ur, die hantering van 'n vuurwapen terwyl onder die invloed van alkohol, asook regsveryde­ling.

Na wat verneem word, was die wetstoepas­ser veronderst­el om dieselfde aand van die ongeluk vir diens aan te meld.

Die polisie ondersoek klagtes van roekelose en nalatige bestuur, dronkbestu­ur, die hantering van ‘n vuurwapen terwyl onder die invloed van alkohol, asook regsveryde­ling.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa