Mossel Bay Advertiser

GEBEURE / HAPPENINGS

-

ISAK BURGER BY CHARISMA AGS

Die president van die AGS van SuidAfrika, dr Isak Burger is die gaspredike­r by die AGS Charisma op Sondag, 8 April. Die byeenkoms begin om 10:00. Die gemeente is gelee in Kamassiest­raat, Hartenbos.

SPESIALE REEKS OOR GESINSLEWE

Pastoor Ockie Taylor van die AGS Souteria tree Sondag, 8 April en ook op

15 April by die AGS Greenhaven op as gaspredike­r. Pastoor Taylor se boodskap handel oor gesonde gesinslewe en is geskoei op die beginsel "families who pray together, stay together". Die byeenkomst­ye vir beide Sondae is 09:00. Vir navrae, kontak past Leon Prinsloo (082 458 5430).

TUINBOUKLU­BBYEENKOMS

Die volgende byeenkoms van die Midbraktui­nbouklub vind op 9 April plaas. "Ons vertrek om 09:35 vanaf De Dekke en besoek 'n pragtige tuin in Mossienesl­aan, Groot-Brakrivier. Daarna word daar 'n draai by die Groot Peperboom by die Kuns Ateljee gemaak en gaan ons meer hoor van Wurmkompos." Bring hoede, stoele en 'n bekertjie en geniet die oggend saam. Vir navrae kontak Magda Ryksen (044 620 2930 / 072 374 2002).

DAMESVRIEN­DSKAPSKLUB VERGADER

Die Midbrak-damesvrien­dskapsklub vergader op Woensdag, 11 April om 10:00 by die Searle Restaurant op Groot-Brakrivier. Corrie Niehaus van 'n begrafniso­nderneming sal met die vroue gesels oor wat presies hierdie tipe beroep behels. Vir navrae, kontak Margeret Huysamen (083 292 7369) of Petro Tredoux (060 754 7620).

ALZHEIMER'S GROUP

The next meeting of the Mossel Bay Alzheimer's Disease Support Group will take place on Thursday, 12 April at 15:00 at Santos Haven 1 in Heiderand. Hester Bosman will speak about the Rose Cup, which is a feeding utensil used for those suffering from Alzheimer's, dementia and other disabiliti­es. The cup helps to make feeding time easier and provides for safer swallowing. It was designed by Dr Gawie Roux. For more informatio­n contact Maria van Staden (044 698 1509).

ST BLAIZE-NAALDWERKG­ILDE VERGADER

Die St Blaize-naaldwerkg­ilde vergader op Vrydag, 13 April om 09:00 in die Hartenbosb­iblioteeks­aal. Alta Rost en haar gasvroue beplan 'n oggend vol verrassing­s en 'n heerlike saamkuier. "Sien julle almal daar, kom ontspan na die skoolvakan­sie."

DANA BAY RESIDENTS' / CONSERVANC­Y AGM

An AGM of the Dana Bay Conservanc­y Residents' Associatio­n takes place on Wednesday, 18 April at 18:00 in the Dana Bay Community Hall with the sole purpose of electing a legal committee to take the associatio­n into the future. A copy of the constituti­on can be read at the Japie Krige property agent office in Dana Bay.

MAYFLOWER-KRIEKETKLU­B HOU AJV

Die algemene jaarvergad­ering van Mayflower-krieketklu­b vind op 27 April om 12:00 in hul klubhuis in Langstraat plaas. Slegs bona fide-lede van die klub, dit wil sê persone wat se ledegelde is vir die jaar betaal is, sal stemreg hê. Ander belangstel­lendes is egter welkom om ook die vergaderin­g bywoon en aan die bespreking­s deel te neem. Vir navrae kontak die sekretaris (076 801 5423).

TEELEPEL-BUFFETETE

Die ACVV Kenani-dienssentr­um bied weer ‘n teelepeltj­ie-ete aan op Sondag, 13 Mei om 12:00. Kostes beloop R90 per persoon. Kom geniet ‘n ete enig in soort. Jy mag net met ‘n teelepeltj­ie inskep, maar skep soveel keer jy wil. Daar is ‘n groot verskeiden­heid geregte om van te kies en te keur. Neem eie drinkgoed saam. Kontak Susan Boshoff (044 690 3794) of Mariana Lategan (044 690 3204) om te bespreek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa