Mossel Bay Advertiser

Kritiek op SAPD ongeregver­dig

-

Arthur van Vuuren – Stigter van die Mosselbaai Aksiegroep (MAG), skryf:

Ek reageer graag op Johann Muller se brief oor Groot-Brakrivier se buurtwag en gepaardgaa­nde onregverdi­ge kritiek jeens ons gewaardeer­de SAPD-lede.

Ons polisie is weliswaar onder druk, deels weens gebrekkige bronne, maar ook weens ander faktore buite hul beheer.

Die publiek is gou om die polisie te kritiseer, maar traag om die erkenning, dank en waardering wat hulle toekom, geredelik aan hulle toe te wys. Ons het seker die beste SAPD in die land, wat alle stasies in Mosselbaai insluit! Manne in blou, ons is trots op julle, erken jul toewyding en harde werk en meeste van ons waardeer dit opreg. Baie dankie daarvoor!

Om alles in perspektie­f te stel, verneem ek graag die volgende: was Johann Muller gemagtig om die kritiek namens die buurtwag te opper en raadslid Anton Dellemijn te betrek, of het hy dit in sy persoonlik­e hoedanighe­id gedoen? Waarom het hy die onakkurate, ongevraagd­e kritiek, deurgaans sonder sinvolle feite en bewyse, in die nuusmedia gelug? Watter konstrukti­ewe rol is aangewend om die SAPD se groot las te help verlig, in plaas van galbraak? In baie gevalle dra die buurtwag en van hul lede reeds by tot die probleem en veroorsaak dat skaars bronne van ons SAPD vermors word deur onbenullig­hede aan te meld. Die buurtwag en hul leierskap moet hulle deeglik vergewis van die Gedragskod­e van Buurtwagte en dit getrou navolg, soos vervat in die Wes-Kaapse Regulasies op Gemeenskap­sveilighei­d 2016 ( Reg 4(2) r – Wet 3 van 2013. Dit sal beslis voordelig wees om bekwame, bevoegde en deeglik opgeleide lede te werf en te ontwikkel, eerder as om getalle na te jaag, vir politieke gewin. Laastens, vra ek asseblief dat raadslid Anton Dellemijn hom onverwyld en openbaar distansieë­r van Johann Muller se uitlatings.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa