Mossel Bay Advertiser

Verbod op verwyderin­g van tuinvullis onbillik

-

André Delport, skryf:

Ek verwys na die vorige kennisgewi­ng in die Mossel Bay Advertiser waarkragte­ns die Mosselbaai-munisipali­teit kennis gegee het dat ons as inwoners nie meer ons tuinvullis in swart sakke mag plaas nie. Ek is die afgelope 15 jaar 'n inwoner van Danabaai en, soos die meeste ander inwoners onderhou ek die sypaadjie tussen my erfgrens en die padoppervl­ak op my onkoste.

My argument is dat, indien ons as inwoners die sypaadjieg­edeeltes - wat aan die munisipali­teit behoort - op ons koste in stand moet hou, hoekom mag ons nie daardie gras wat ons weekliks sny in die swart sakke plaas om deur die munisipali­teit verwyder te word nie?

Ons spaar die munisipali­teit derduisend­e rand jaarliks deur die sypaadjies self instand te hou. Indien die munisipali­teit dus versoek dat ons self hierdie tuinvullis moet wegry, is die vraag hoekom die munisipali­teit die inwoners nie betaal vir die instandhou­ding van hul eiendom nie?

Ek dink dit is onbillik van die munisipali­teit om ons te verbied om die gras wat ons op munisipale eiendom sny in swart sakke te plaas. Ek aanvaar daar mag ander persone wees wat takke en ander tuinvullis in die swartsakke plaas, maar vir die normale inwoner wat slegs die sypaadjie se gras in die swartsakke plaas, voel ek dis onredelik dat so 'n verbod geplaas word.

 ??  ?? The house was gutted. INSET: Brian Seletisha
The house was gutted. INSET: Brian Seletisha

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa