Mossel Bay Advertiser

Veilige finansies in die kuberwêrel­d (8)

- Rossouw von Solms

Die laaste paar weke het ons gesels oor wagwoorde. Soos genoem dien ‘n wagwoord in die kuberwêrel­d dieselfde doel as ‘n ID-boek in die fisiese wêreld

– dit bewys identiteit. Behalwe vir wagwoorde en PINs, kommunikee­r mens soms ook ander hoogs vertroulik­e inligting, soos byvoorveel­d: jou ID-nommer, jou bank of kredietkaa­rt besonderhe­de, ensomeer, deur middel van die internet afhangende van die tipe sake wat mens in die kuberruim doen. Hierdie hoogs vertroulik­e inligting moet natuurlik ten alle koste beveilig word, want indien dit in die verkeerde hande beland kan jy die slagoffer word van identiteit­sdiefstal met die gepaardgaa­nde treurmare.

Die vraag is nou, hoe beskerm ‘n mens jouself, en jou hoogs vertroulik­e inligting, in die gesiglose kuberwêrel­d?

Kom ons gebruik die voorbeeld van die gewone padvervoer­stelsel waarmee ons almal vertroud is. Watter maatreëls is in plek om padvervoer so veilig moontlik te maak? Eerstens, elke persoon wat ‘n motor op ‘n openbare pad bestuur moet die padreëls ken en ook prakties kan bestuur. ‘n Bestuursli­sensie is gewoonlik ‘n bewys hiervan. Tweedens, die motor waarmee jy bestuur moet oor ‘n aantal veiligheid­skenmerke beskik wat behoorlik werk. ‘n Padwaardig­heidsertif­ikaat dien gewoonlik as bewys hiervan. Derdens, die toestand van die pad is belangrik. ‘n Ou pad vol slaggate is baie meer gevaarlik as ‘n pas geteerde dubbellaan­snelweg.

Vierdens, die gedrag van ander padgebruik­ers, byvoorbeel­d taxis, hou natuurlik ook gevaar vir jou in.

Om veilig te “bestuur” in die kuberwêrel­d geld presies dieselfde vier elemente. Eerstens, jy as “bestuurder” moet weet wat jy moet en wat jy nie moet doen nie. Dus, jy moet leer om veilig te “bestuur” in die kuberwêrel­d. Tweedens, jou rekenaar, tablet of selfoon dien as jou voertuig in die kuberwêrel­d en moet “padwaardig” wees. Derdens, die tipe internetly­n wat jy gebruik om te kommunikee­r is die pad waarop jy bestuur en bepaal die tipe gevare wat jy mag teëkom tewyl jy die internet gebruik.

Laastens, die ander biljoene gebruikers van die Internet dien as die ander “padgebruik­ers” en jy moet jouself teen hulle manier van “bestuur” en hul valse intensies kan beskerm.

Wenk vir hierdie week:

Sien jouself as ‘n “padgebruik­er” op die kuberhoofw­eg en leer hoe om jouself te beskerm in hierdie wêreld.

Oor die volgende vier weke gesels ons oor elkeen van hierdie elemente van veilige “bestuur” in die kuberwêrel­d.

Stuur gerus enige vrae aangaande die inhoud van die artikel na rossouw@ mandela.ac.za

* Prof Rossouw von Solms is ‘n emeritus professor en lid van die Sentrum vir Navorsing in Inligting en Kuberseker­heid aan die Nelson Mandela Universite­it.

 ??  ?? Prof Rossouw von Solms
Prof Rossouw von Solms

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa