Mossel Bay Advertiser

Internatio­nal karate seminar

-

Woensdag

Die langnaweek is voorafgega­an met die sakemanned­ag wat op Woensdag, 28 Maart die spelers baan toe laat stroom het. Die 178 spelers het die pragtige weersomsta­ndighede ten volle gebruik en geniet. Kass Muller, nog een van ons vele talentvoll­e juniors, het met die hulp van sy maat, Clive Kaptein, die beterbal stableford-kompetisie op ‘n skitterend­e telling van 50 punte gewen.

Die alomteenwe­erdige Francois de Villiers en Hendrik Kriek het na die uittel op 48 punte tweede geëindig. Die derde en vierde plekke, ook op 48 punte, is deur L Loubser en A van Niekerk, asook D Venter en T Venter, ingepalm. Verlede jaar se klubkampio­en, Jacques Budricks en sy maat, M de Kock, het op 47 punte die vyfde plek ingeneem. Baie dankie aan ons groep sakemanne wat al vir baie jare as lojale borg optree.

Saterdag

Saterdag, 31 Maart het 170 spelers die rugby-uitsending­s opsy geskuif en die groen skoonvelde van ons baan opgesoek. Die goeie weer het uitstekend­e tellings tot gevolg gehad en Kelly Muller en Anthony Evertse se 58 houe in die beterbal houespelko­mpetisie het aan hulle die wenprys besorg. Twee van ons gewaardeer­de besoekers, Ernst en Heinrich Stapelberg, se 59 houe, het gesorg dat hulle Saterdagaa­nd ‘n vuurtjie kon aansteek en Bounty Wildsverwe­rking se heerlike vleis kon geniet.

Drie pare het 61 houe aangeteken, maar na die uittel is Chris Brits (danksy sy goeie kennis van die reëls) en Tielman Breedt derde geplaas. F Jonck en O Mcintyre, asook B Coetzee en F de Villiers is ook nie met leë hande huis toe nie.

Maandag

Maandag, 2 April het Gesinsdag ook gesorg vir ‘n vrolike atmosfeer by die klub. Arrie van der Linde was behoorlik op sy stukke en op 41 stableford punte het hy korte mette met sy teenstande­rs in die A-afdeling gemaak. Frans Smith se 39 punte in die B-afdeling, asook Gert Pieterse (39 punte) in die C-afdeling het hulle as wenners breed laat glimlag. Die volgende spelers het ook in die heerlike vleispryse gedeel: W Lessing en J Vorster (albei 40 punte), asook G Greyvenste­in en M Lundie op 39 punte.

Spelers moet ook daarop let dat vanaf 1 April die afslaantye as volg verander: Maandae vanaf 10:00; Dinsdae, Donderdae, Vrydae en Sondae vanaf 08:00; Woensdae en Saterdae vanaf 07:30.

SA Goju Ryu Karate-Do hosted an internatio­nal Goju Ryu Karate Do Gashuku (seminar) in Mossel Bay in March.

The students and instructor­s from the Southern Cape Dojos were once again privileged to attend a high quality karate training seminar presented by the internatio­nally renowned Kancho Rony Kluger, eighth Dan Hanshi from Karate-Do Internatio­nal.

He was accompanie­d by sixth Dan Renshi Shmeul Fride and fifth Dan Shihan Shay Benderski from Israel. It was a weekend of intense training revolving around the essence of our beautiful art, Goju Ryu Karate, with practical applicatio­ns and analysis of techniques used by our “style” for selfdefenc­e against an attacker.

The training was intense and tough yet very enjoyable and of immense value for all participan­ts.

The Kata training was excellent, with good logical explanatio­ns about the various techniques and the “how” of practical applicatio­n.

Sensei Kobus Klue fifth Dan from Mossel Bay made history when he became the first to be graded to Shodan in Yamani Ryu Kubodo weapons training in South Africa.

Representi­ng the Southern Cape was Shihan André van Vuuren, chief instructor SA Goju Ryu Karate-Do.

 ??  ?? Albertyn Sauerman, baansuperi­ntendent van Mosselbaai-gholfklub.
Albertyn Sauerman, baansuperi­ntendent van Mosselbaai-gholfklub.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa