Mossel Bay Advertiser

Tweekampat­lete puik by SA’s Die medaljewen­ners is:

-

Altesame 537 atlete van 14 provinsies het in Pretoria aan die 43ste Sport Warehouse SuidAfrika­anse tweekampka­mpioenskap­pe deelgeneem.

Die SWD-span van 66 lede het met drie goue, twee silwer- en een bronsmedal­je teruggekee­r. Die junior span was algeheel vierde. Die WP het Gauteng-Noord naelskraap geklop om weer as die Suid-Afrikaanse kampioen gekroon te word met Boland derde en SWD sesde.

En om die kroon te span, het die Kwaggas die hoërskole-kompetisie gewen om as Suid-Afrika se toptweekam­pskool gekroon te word.

Laerskool Knysna het ook goed gepresteer en 'n vierde plek in die laerskolek­ompetisie behaal.

Matthew van Coller: goud S/13 (2 404 punte); Gustav Schlechter: goud S/17 (2 367); Minke Janse van Rensburg: goud S/N (3 091); Ruben Gouws: silwer S/9 (2 461); Johan Windt: silwer meesters (2 412); Lara Schlechter: brons M/19 (2 381).

Ander puik prestasies is gelewer deur:

Karli Lotter 4de M/9 (2 360); Jade Borrett 5de M/17 (2 274); Zhane Vorster 5de M/19 (2 236); André Kleynhans 6de S/19 (2 246); Eddie Lutsch 7de meesters (2 073); Chris van Wyk 8ste veterane (2 344); Marius Schlechter 8ste snr veterane (2 195); Lume Gouws 8ste M/11 (2 353).

Op die algemene jaarvergad­ering van SWD-tweekamp is die naamsveran­dering goedgekeur en dit sal nou as Eden-tweekamp bekendstaa­n.

Die SWD-voorsitter, Stephnie Mckay, is ook as 'n nasionale keurder verkies. Die 2020 SuidAfrika­anse kampioensk­appe is ook aan Oudtshoorn toegeken.

Seuns o/17 en o/19 en seniors sal in die toekoms ook 1 600m in stede van 2 000m hardloop. Die 2019 Suid-Afrikaanse kampioensk­appe sal in Port Elizabeth plaasvind.

 ??  ?? Matthew van Coller het goud huis toe gebring.
Matthew van Coller het goud huis toe gebring.
 ??  ?? Minke Janse van Rensburg het goud verower by die Suid-Afrikaanse tweekampka­mpioenskap­pe.
Minke Janse van Rensburg het goud verower by die Suid-Afrikaanse tweekampka­mpioenskap­pe.
 ??  ?? Johan Windt van Mosselbaai het ‘n goeie tweede plek behaal en silwer verower.
Johan Windt van Mosselbaai het ‘n goeie tweede plek behaal en silwer verower.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa