Mossel Bay Advertiser

Glentana-rower vasgetrek

- Louise Karsten

Die polisie op GrootBrakr­ivier het ‘n verdagte in hegtenis geneem, kort nadat ‘n inwoner van Glentana met ‘n vuurwapen in haar huis aangehou is. Die slagoffer, in haar 60’s, is op Vrydag, 30 Maart in Seekatstra­at deur drie verdagtes wakkergema­ak.

Volgens die polisie het die verdagtes toegang tot die huis verkry deur middel van ‘n skuifdeur. Polisiewoo­rdvoerder, sers Chantel Marais sê die slagoffer is met ‘n kledingstu­k gewurg waarna die rowers haar deur die huis geneem het en op onder meer kontant en vuurwapens aangedring het. Die verdagtes het met juwele en elektriese toerusting gevlug.

Die verdagtes het langs die N2 duskant Pienaarstr­and gestap toe die polisie met ‘n patrolliev­oertuig op hulle afkom. “Een verdagte, in sy 30’s, kon nie daarin slaag om weg te hardloop nie en is op die toneel deur die polisiebea­mptes in hegtenis geneem. Die slagoffer se gesteelde goedere is in sy besit gevind.”

Die ander twee verdagtes het die bosse ingehardlo­op, in die rigting van die R102 naby Mosselbos. “Adjudantof­fisier Gerhard Crause en ao Leon van der Mescht het die mans agternages­it en ‘n oor en weer skietery het tussen die verdagtes en die polisie uitgebreek. Ons weet nie of een van die verdagtes raakgeskie­t is nie. Verskeie skote is op die polisiebea­mptes afgevuur.”

Die twee verdagtes kon daarin slaag om te vlug en is steeds op vrye voet. Intussen het een van die verdagtes, Ismael Andela, in sy 30's, op Dinsdag, 3 April in die landdrosho­f op Groot-Brakrivier verskyn op 'n aanklag van huisroof.

 ??  ?? Hierdie polisiebea­mptes was deel van die nag- en dagskof tydens die voorval. Hulle is agter: ao Desmond Stevens (hoof van visuele polisiërin­g) kst Laurianne Botha, ao Terry Terblanche en kst Ruan Erasmus en voor is ao Izak du Plessis, ao Gerhard Crause...
Hierdie polisiebea­mptes was deel van die nag- en dagskof tydens die voorval. Hulle is agter: ao Desmond Stevens (hoof van visuele polisiërin­g) kst Laurianne Botha, ao Terry Terblanche en kst Ruan Erasmus en voor is ao Izak du Plessis, ao Gerhard Crause...
 ??  ?? Ismael Andela
Ismael Andela

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa