Mossel Bay Advertiser

Gesoute akteur vertel meesterlik

- Cornelle Carstens

Deurwinter­de akteur Eric Knobbs het weer eens bewys waarom hy reeds 40 jaar sinoniem is met die vermaaklik­heidswêrel­d en steeds sy plek op die verhoog kan vol staan. Knobbs het Vrydagaand, 30 Maart geskitter in sy eenmanvert­oning by die Monroe Teater as ou Stoffel Gieljam, Sagmoedige Neelsie se "neef". In hierdie klassieke stuk Doppers en Filistyne van CJ Langenhove­n, spreek ou Stoffel hom omtrent uit oor die dorpslewe in tipiese tradisione­le Afrikaanse humor gegrondves in vanmelewe se voorhuista­al.

Tipies aan Langenhove­n, is die humor opgesluit in fyn woordspeli­ng en gekruisde lyne wanneer mense, veral verskillen­de geslagte, met mekaar kommunikee­r.

Die knus klein teatertjie was stampvol gepak en die gehoor het alte lekker rondom hulle piekniekma­ndjies gekuier voor die vertoning. Knobbs het die bykans uurlange eenmanvert­oning moeiteloos aangebied en die teks met gemak en absolute geloofwaar­digheid oorgedra soos net 'n verhoogvet­eraan kan doen. Die argaïese woorde wat in die stuk opduik het die gehoor dikwels laat skater, veral die kinders wat dit nietemin baie vermaaklik gevind het.

Kommentaar vanuit die gehoor na afloop van die vertoning was dat die kwaliteit van Knobbs se vertelstyl onvergelyk­baar is. "As jy goed is, is jy goed," was die algemene

 ?? Foto: Cornelle Carstens ?? Eric Knobbs tydens sy vertoning by die Monroe Teater.
Foto: Cornelle Carstens Eric Knobbs tydens sy vertoning by die Monroe Teater.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa