Mossel Bay Advertiser

Hartenbos NG Kerk hou basaar

-

Die NG Kerk Hartenbos hou die naweek van 6 en 7 April basaar op hulle kerkterrei­n.

Die gewilde witolifant­e-tent sal op Vrydag, 6 April vanaf 13:00 tot 20:00 oop wees vir verkope. Volgens vorige basaargang­ers is dit verseker die grootste winskopie-geleenthei­d in die Suid-Kaap. "Kom vroetel rond en koop jou winskopies hier."

Vrydagmidd­ag vanaf 16:00 is daar 'n speletjies­aand vir oud en jonk. "Kom daag die predikante uit met driebeenre­sies en talle ander speletjies." Heerlike roosterkoe­k met vulsels, asook eetgoed vir kinders sal dan ook te koop wees. "Bring die hele gesin saam en kom deel in die pret."

Saterdag

Op Saterdag, 7 April is die basaar in die kerksaal. Basaarguns­telinge is beskikbaar soos pannekoek, poeding, koeke, beskuit, kleinkoeki­es, kerrie en rys, asook worsbroodj­ies. Daar sal ook vars groente en soos voorheen, baie goeie kwaliteit vleis van De Rust te koop wees. Vleisbeste­llings kan vooraf by die kerk geplaas word. Skakel 044 695 1942 vir meer inligting, soggens behalwe op Maandae.

Daar sal ook 'n spesiale afdeling vir handgemaak­te artikels van die gemeente wees. Dit sal alles te koop aangebied word. "Kom kyk gerus watter talent het na vore gekom. Hierdie is 'n naweek om op jou kalender aan te teken. Jy sal dit nie wil misloop nie." Vir enige navrae kontak Heleen Coetsee (082 454 5724).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa