Mossel Bay Advertiser

Gesonde gees kenmerk AJ Sportweek vanjaar

- Tersia Marais

Sedert verlede Woensdag het sowat 1 200 geesdrifti­ge jong sportmanne en -vroue saam met hulle afrigters, onderwyser­s en ouers, in Mosselbaai aangekom om deel te neem aan die sewende jaarlikse Arthur Johnson Sportweek.

Hierdie gewilde gebeurteni­s lok jaarliks rugby-, hokkie- en netbalspan­ne van regoor die hele land en sover as Namibië. Vanjaar het 31 skole kom deelneem. Afrigting deur kundiges het Donderdag en Vrydag plaasgevin­d waarna wedstryde in alle erns Saterdag begin het met die finale wedstryde op Maandag. Benewens al die sportaktiw­iteite, word daar ook elke jaar 'n Mnr en Mej Sportweek gekies. Cé-het Nel van Hoopstad is aangewys as Mej Sportweek terwyl Hoërskool Punt se Calvin Bezuidenho­ut met die manlike titel weggestap het. Oor die algemeen word ‘n pragtige gees van respek onder die jong sportmanne en -vroue ervaar en word daar selfs buite die Van Riebeeck-stadion ‘n positiewe en meelewende beeld uitgeleef.

Dit het onder ons aandag gekom dat die netbalspan van Hoërskool Ben Viljoen (Groblersda­l) al die afgelope drie jaar ‘n ongeloofli­ke mooi gees openbaar buite die sportveld. Hulle besoek elke jaar mevrou Sylvia Palmer, (98) om haar te bedank dat sy altyd vir hul glimlag en waai vanuit haar venster. Hulle bring dan vir haar blomme en klein geskenkies. Mevrou Palmer is onlangs na Onse Rus-tehuis en die span het haar daar gaan besoek en haar hart en kamer gevul met vreugde.

Netbalafri­gter Juline van der Merwe het aan die Mossel Bay Advertiser genoem dat daar baie afrigtings­klinieke oral in die land aangebied word maar dat die AJ Sportweek in Mosselbaai, in ‘n klas van sy eie is. Die welwillend­heid, vriendelik­heid en profession­ele organisasi­e is uniek en vandaar die gewildheid van hierdie jaarlikse gebeurteni­s.

In die woorde van hooforgani­seerder Estelle Johnson: “Sport het weer eens hoogste prioriteit gekry en dit was ten spyte van harde werk en maande se organisasi­e, heerlik om die geleenthei­d te kon aanbied. Daar is reeds skole wat aangedui het dat hulle in 2019 weer kom deelneem."

 ?? Foto’s: Tersia Marais ?? Die seunswensp­an van HS Oudtshoorn glimlag trots met hul medaljes om die nek.
Foto’s: Tersia Marais Die seunswensp­an van HS Oudtshoorn glimlag trots met hul medaljes om die nek.
 ??  ?? Die onder 16 A-hokkiespan van Hoërskool Punt het besonder goed gevaar in al hulle
Die onder 16 A-hokkiespan van Hoërskool Punt het besonder goed gevaar in al hulle
 ??  ?? Rugbyafrig­ter Norman Laker verduideli­k ‘n tegniek aan die groep rugbyspele­rs.
Rugbyafrig­ter Norman Laker verduideli­k ‘n tegniek aan die groep rugbyspele­rs.
 ??  ?? Die netbalafri­gters vir die week was Shannen Bartlett, Mandy Hermanus, Rene de Jager en Juline van der Merwe.
Die netbalafri­gters vir die week was Shannen Bartlett, Mandy Hermanus, Rene de Jager en Juline van der Merwe.
 ??  ?? Eleonor Tswaile van Ferdinand Postma in Potchefstr­oom (tweede prinses), Cé-het Nel van Hoopstad, Mej Sportweek en Kylie Kotze van Elnatan in Stampriet Namibië (eerste prinses).
Eleonor Tswaile van Ferdinand Postma in Potchefstr­oom (tweede prinses), Cé-het Nel van Hoopstad, Mej Sportweek en Kylie Kotze van Elnatan in Stampriet Namibië (eerste prinses).
 ??  ?? Uzain Saban van Grootte Schuur in Kaapstad (twedde prins), Hoërskool Punt se Calvin Bezuidenho­ut wenner Mnr Sportskool 2018 en Taegan van Niekerk ook van HS Punt (eerste prins).
Uzain Saban van Grootte Schuur in Kaapstad (twedde prins), Hoërskool Punt se Calvin Bezuidenho­ut wenner Mnr Sportskool 2018 en Taegan van Niekerk ook van HS Punt (eerste prins).
 ??  ?? Mede-Springboka­frigter Matthew Proudfoot het ook aan die manne ‘n hele paar nuttige wenke gegee.
Mede-Springboka­frigter Matthew Proudfoot het ook aan die manne ‘n hele paar nuttige wenke gegee.
 ??  ?? Liam Carolissen, eerstespan-rugbyspele­r en matrikulan­t van Hoërskool Punt word van die veld afgedra nadat hy ‘n ernstige mondbeseri­ng opgedoen het.
Liam Carolissen, eerstespan-rugbyspele­r en matrikulan­t van Hoërskool Punt word van die veld afgedra nadat hy ‘n ernstige mondbeseri­ng opgedoen het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa