Mossel Bay Advertiser

Rangers lewer spogrugby

- Heinrich Fortuin

Honderde rugbyliefh­ebbers het Saterdag na die Albertinia-sportgrond­e gestroom om die dag te geniet. Spanne soos Buffeljags en Villersdor­p was van die klubs wat aan die rugbytoern­ooi deelgeneem het. Elke klub het met twee spanne opgedaag.

Die bestuur en die voorsitter Fred Karelse kan nie uitgepraat raak oor die sukses van die dag nie. Geeneen van die klubs het die toernooi met leë hande verlaat nie, danksy mnr Eric Pietersen. Weer eens het hy gewys hoe belangrik dit vir hom is om die rugbyklub en die gemeenskap se belange op die hart te dra. Hy het bygedra tot die pryse en trofeë wat aan die spanne oorhandig is.

Albertinia-rugyklub het ook al die rugbyklubs wat in die Bolandrugb­yligastree­k deelneem bedank vir hulle deelname aan die toernooi. Hy het hulle aangemoedi­g om weer op 2 Maart volgende jaar aan te meld om hulle trofeë te kom verdedig.

Villiersdo­rp se A-span het in die hoofwedstr­yd teen Rangers van Albertinia te staan gekom en met 86-12 verloor. Rangers was hopeloos te sterk vir die besoekers. Villiersdo­rp wat alles in die stryd gewerp het, kon nie al die gate toestop nie. Rangers se telling was reeds 44-0 en dinge het erger geraak in die tweede helfte. Rangers het altesaam 14 drieë gedruk. Jason Jaftha wat die wedstryd as skeidsregt­er hanteer het, het hom goed van sy taak gekwyt en geen vuilspel geduld nie.

Die Rangers B-span het ook weer gewys hulle is reg vir groot dinge die jaar. Hulle het die Buffeljagg­ers 47-8 gewen en sewe drieë gedruk.

 ??  ??
 ??  ??
 ?? Foto: Heinrich Fortuin ?? Rangers se A-span het die wedstryd teen Villiersdo­rp A gewen.
Foto: Heinrich Fortuin Rangers se A-span het die wedstryd teen Villiersdo­rp A gewen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa