Mossel Bay Advertiser

Onbedoelde gevolge ná skoonmaak

- Nickey le Roux

Inwoners van Aslapark wat op die soom van die dorp naaste aan die N2 woon, kla dat hul kinders gereeld siekerig is, meer nog, hulle kla oor die hope vullis wat vlieë lok, oor die onaangenam­e, selfs vrot reuke wat hulle moet trotseer wanneer hulle kos maak.

Aslapark se mense wat in formele huise op die dorpsgebie­d se grens woon, word blootgeste­l aan vullis wat ophoop op die privaat - grond wat grens aan die area waar hulle woon en waar informele strukture teen 'n kommerwekk­ende tempo toeneem. 'n Hoëvlak-afvaardigi­ng van die Mosselbaai­munisipali­teit het op Donderdag, 31 Mei die areas waar rommel 'n wesenlike probleem is, besoek. Die uitvoerend­e burgemeest­er, raadsheer Harry Levendal, die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee, uitvoerend­e raadslede en direkteure het met inwoners in gesprek getree en verskeie vergaderin­gs het op dié besoek gevolg. Belangrike­r nog, kontrakteu­rs het vanaf Maandag, 4 Junie met opruimings­werk begin op die strook waaroor die Mossel Bay Advertiser op Vrydag, 23 Februarie (Rommel verswelg woongebied) berig het. Die munisipali­teit het sedertdien verduideli­k dat voorgeskre­we, dog tydsame prosesse om kontrakteu­rs aangestel te kry, gevolg moes word alvorens met die opruimings­werk begin kon word. Hoewel van die opruimings­aksies op privaatgro­nd is, moet dit gedoen word juis om die veiligheid­srisiko en gesondheid­kwessies vir inwoners teë te werk.

Grondgrype

Sedert die Advertiser teen einde Februarie oor die vullisprob­leem berig het, is egter sowat 200 informele strukture in die area gevestig. Pleidooie dat die hope vullis verwyder moet word, het waarskynli­k onbedoelde gevolge meegebring. So vinnig as wat die stootskrap­er vullis op 'n hoop stoot, só vinnig is opportunis­te besig om "erwe" op die privaatgro­nd uit te merk.

Met die Advertiser se besoek op 6 Junie is 'n man opgemerk waar hy paaltjies inkap, toue span en met rooi vlaggies uitmerk om grond af te baken. In gebroke Engels het hy beweer hy doen die werk in opdrag van "'n vrou" wat hom aangestel het daarvoor.

Hofprosess­e

Inwoners wat naby die area woon, het die bewering gestaaf en ook verwys na "die vrou" wat "erwe" aan voornemend­e inwoners toewys.

Inwoners sê munisipale wetstoepas­sers het wel van die strukture laat verwyder, maar dit word - soos die onwettige kragaanslu­itings feitlik onmiddelli­k weer herstel wanneer die personeel hul rug draai. Sodra 'n struktuur bewoon word, moet die howe genader word vir uitsetting­s ingevolge die wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatig­e Besetting van Grond (PIE), 'n besondere tydsame proses wat gewoonlik vereis dat munisipali­teite / grondeiena­ar alternatie­we, permanente verblyf bied alvorens die hof 'n uitsetting­sbevel toestaan. Op privaatgro­nd moet die privaat-eienaar die wetlike proses volg.

Betaal huur

Sommige inwoners van die informele strukture het reeds in Februarie beweer hulle huur die strukture van diegene wat begunstigd­es van formele behuising is maar informele strukture op die onbenutte grond oprig om 'n huurinkoms­te daaruit te maak. Beweringe oor die huur het herhaaldel­ik voorgekom, hoewel niemand bereid was om die naam bekend te maak van die persoon aan wie die huur oorbetaal word nie.

Steel krag

Van die inwoners, wat op voorwaarde van anonimitei­t met die Advertiser gepraat het, beweer dat die inwoners van die informele area - wat skerp toeneem - hulle selfs met pangas dreig om toegang tot kragpale in hul erwe te bekom. In die informele area is netjiese "kragpale" aangebring om die onwettige verlengkoo­rde luglangs tot by die huise te neem. By sommige strukture brand buiteligte selfs bedags. Talle informele strukture vertoon satelliets­kottels. Weens die onwettige kragaanslu­itings beleef groot dele van onder meer Aslapark gereeld kragonderb­rekings. Die afgelope week het wateronder­brekings na bewering ook voorgekom. By een van die nuwe informele strukture wat na bewering aan 'n bekende taxi-eienaar behoort, is twee entreprene­urs aangetref wat 'n netjiese teëlvloer aanbring. By 'n ander huis is netjiese afskorting­s aangebring om te verhoed dat voertuie in die struktuur vasry. Inwoners uit die omliggende area beweer dat dit veral buitelande­rs is, mense van Mosambiek, Zimbabwe, Nigerië en Somalië wat hulle in die informele strukture vestig. Daar is selfs sprake van aparte buurte. Van die mense wat in die informele strukture woon, beweer hulle het van Endlovini na dié area verskuif ter wille van 'n beter lewe.

"Hier is die mense nie so onbeskof soos daar bo nie, dis miskien nie skoon nie, maar dis veiliger hier," beweer een van die inwoners. Intussen speel kinders ongestoord tussen die vullis en op areas waar rommel opgeruim is. Vroue kla omdat hulle vroegdag met die aand se kos moet begin, want die kragtoevoe­r is onbetrouba­ar. 'n Taxi kom verby en laai 'n hoop planke af. Nog 'n huis sal waarskynli­k oornag verrys.

 ??  ?? Die uitvoerend­e burgemeest­er, raadsheer Harry Levendal, die onderburge­meester, raadslid Dirk Kotzé, uitvoerend­e raadslede, die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee en senior munisipale personeel het verskeie areas in onder meer Aslapark besoek waar...
Die uitvoerend­e burgemeest­er, raadsheer Harry Levendal, die onderburge­meester, raadslid Dirk Kotzé, uitvoerend­e raadslede, die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee en senior munisipale personeel het verskeie areas in onder meer Aslapark besoek waar...
 ?? Foto’s: Nickey le Roux ?? Inwoners kla dat dit hul onskuldige kinders is wat die spit afbyt. Hulle word blootgeste­l aan die gesondheid­sgevare wat die hope vullis en onverwerkt­e menslike uitskot in die bosse en klowe meebring.
Foto’s: Nickey le Roux Inwoners kla dat dit hul onskuldige kinders is wat die spit afbyt. Hulle word blootgeste­l aan die gesondheid­sgevare wat die hope vullis en onverwerkt­e menslike uitskot in die bosse en klowe meebring.
 ??  ?? Binne-in een van die strukture wat vandeeswee­k opgerig is, skynbaar vir ‘n bekende taxibaas van die omgewing, is Redemeo Fortuin en Llewellyn Isaacs besig om ‘n netjiese teëlvloer te installeer. Skynbaar is boumateria­al ruim beskikbaar by etlike...
Binne-in een van die strukture wat vandeeswee­k opgerig is, skynbaar vir ‘n bekende taxibaas van die omgewing, is Redemeo Fortuin en Llewellyn Isaacs besig om ‘n netjiese teëlvloer te installeer. Skynbaar is boumateria­al ruim beskikbaar by etlike...
 ??  ?? Daar is nommers aangebring op die nuutopgeri­gte strukture wat die indruk skep dat daar waarheid steek in die bewering dat die inwoners aan ‘n onbekende entiteit huur betaal om die grond te bewoon.
Daar is nommers aangebring op die nuutopgeri­gte strukture wat die indruk skep dat daar waarheid steek in die bewering dat die inwoners aan ‘n onbekende entiteit huur betaal om die grond te bewoon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa