Mossel Bay Advertiser

Hulp met hoë waterreken­inge

- Nickey le Roux

Die Mosselbaai munisipale raad het tydens die raadsverga­dering op 31 Mei 2018 ‘n dringende mosie deur die portefeulj­evoorsitte­r vir finansies, raadslid Marie de Klerk aanvaar om finansiële bystand te bied aan belastingb­etalers wat onlangs bogemiddel­d hoë munisipale rekeninge vir water- en elektrisit­eitverbrui­k ontvang het.

Die hoë heffings is gebaseer op die werklike watermeter­lesings wat onlangs geneem is en wat nou daartoe lei dat die laer geskatte lesings van die afgelope paar maande reggestel word.

Dié herbereken­ings veroorsaak dat verbruiker­s nou rekeninge ontvang vir werklike water- en elektrisit­eitsverbru­ik, terugwerke­nd tot en met November/Desember 2017. Mosselbaai-munisipali­teit wil die gemeenskap verseker dat die raad en administra­sie werklik pogings aanwend om die kwessie so gou moontlik aan te spreek en regstellin­gs te maak, indien en waar nodig.

Verligting

Om die finansiële las te help verlig, het die raad Donderdag, 31 Mei goedgekeur:

• Dat spesiale reëlings vir afbetaling getref mag word op rekeninge en dat dit afbetaal mag word oor dieselfde tydperk wat skattings gedoen was;

• Geen regsaksie geneem sal word as die verbruiker reëlings getref het vir afbetaling nie;

• Daar geen ekstra heffings sal wees op agterstall­ige skuld met voorafbeta­alde kragaankop­e vir die tydperk soos ooreengeko­m nie; en

• Geen rente gehef sal word op die betrokke rekeninge oor ‘n tydperk soos ooreengeko­m nie.

Navrae

Diegene wat navrae het oor die akkuraathe­id van hul rekeninge en lesings, asook om reëlings te tref vir afbetaling­s, word versoek om die munisipale kantore te Marshstraa­t 101, Mosselbaai te besoek vir moontlike aanpassing­s, regstellin­gs en/of om reëlings vir afbetaling te tref.

Mosselbaai-munisipali­teit werk nou aan ‘n volhoubare plan om die probleme wat die afgelope paar maande met lesings ondervind word, uit te stryk.

Nadat die watermeter­lesingskon­trakteur, IKAPA, sedert April op terme geplaas is weens swak prestasie, is baie van die probleme reeds aangespree­k en word die kontrakteu­r se werkwyse nou deurlopend gemonitor om hoë gehalte diens en akkuraathe­id te verseker.

Mosselbaai-munisipali­teit vra om verskoning vir enige ongerief wat hierdeur veroorsaak word. Vir meer inligting, kontak die Mosselbaai-munisipali­teit se kantore (044 606 5000) of stuur ‘n e-pos na admin@mosselbay.gov.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa