Mossel Bay Advertiser

André de Jager kraai koning

-

Die jaarlikse Mosselbaai Merino-kuddedag wat vanjaar vir die 40ste keer aangebied was, was weer eens ‘n groot sukses en maak hom nou ook een van die oudste kuddekompe­tisies in die land.

Wat ‘n wonderlike prestasie vir hierdie streek en sy skaapboere om onder moeilike omstandigh­ede hierdie dag so goed te ondersteun.

André de Jager van Swartklip, Albertinia is die algehele wenner van die dag en spog ook met drie ander wenposisie­s. Die dag is deur BKB in samewerkin­g met die NWKV gereël wat ook die boere van die nuutste inligting rakende sy skaapboerd­ery om sy maksimum potensiaal te bereik, voorsien het.

Daar was vanjaar 11 deelnemers van regoor die streek wat hul kuddes geëvalueer het en weer eens was die ooie van hoogstaand­e kwaliteit ten spyte van groot droogte in die streek.

Die ooie is deur Gawie van Wyk van die NWKV Carnarvon beoordeel wat hom weer eens goed van sy taak gekwyt terwyl Jannie Fourie van NWKV Caledon die punte se verwerking gedoen het.

André Fourie van Voermol was die gasspreker tydens die aand se funksie en het gepraat oor presisie skaapboerd­ery en die groot vyf bespreek naamlik: teeling, kudde statisieke, weiding, voeding en reproduksi­e, wat ook baie interessan­t was.

Pieter Aucamp (BKB skaap en wol adviseer), Bennie Pienaar (voorsitter), Hennie Senekal (BKB lewende hawe) en Hans Schutte (BKB lewende hawe) het gehelp met die reëlings om van die dag ‘n groot sukses te maak.

Die dag is afgesluit met ’n prysuitdel­ing en ‘n heerlike spitbraai (dankie Hennie) wat almal baie geniet het.

Die wenners is soos volg:

Algehele wenner

1. André de Jager (Swartklip, Albertinia); 2. Willie Oosthuizen (Môreson, Albertinia) en Gus du Toit (Grootfonte­in, Herold).

Beste wol

1. André de Jager (Swartklip, Albertinia); 2. Willie Oosthuizen (Môreson, Albertinia) en Gus du Toit (Grootfonte­in, Herold).

Beste ooi

1. André de Jager (Swartklip, Albertinia); 2. Gus du Toit (Grootfonte­in, Herold).

Beste bouvorm

1. André de Jager (Swartklip, Albertinia); 2. Willie Oosthuizen (Môreson, Albertinia) en Gus du Toit (Grootfonte­in, Herold).

Beste vordering

1. Gawie van Deventer (Klipfontei­n, Albertinia); 2. Quintus Muller (Patrysfont­ein, Mosselbaai).

Wenner 300 – 500 ooie

1. Louise Muller (Ouland, Mosselbaai); 2. Stoffel Fivaz (Voëlvlei, Johnsons Post).

Beste kortwolgro­ep

1. Willie Oosthuizen (Môreson, Albertinia);

2. Corneulis Muller (Hagelkraal, Hartenbos).

Die organiseer­ders bedank al die borge, deelnemers en persone wat betrokke was wat gehelp het om hierdie dag so groot sukses te maak.

"Julle betrokkenh­eid en positiewe gesindheid word opreg waardeer en is dit wat maak dat hierdie Merino-kuddedag elke jaar net beter word."

 ??  ?? Pryswenner­s en borge van die dag is van links, agter: Gawie van Wyk (NWKV Carnarvon), Quintus Muller (reserwe beste vordering - Patrysfont­ein, Mosselbaai), Willem Oosthuizen (reserwe algehele wenner - Swartklip, Albertinia), André de Jager (algehele...
Pryswenner­s en borge van die dag is van links, agter: Gawie van Wyk (NWKV Carnarvon), Quintus Muller (reserwe beste vordering - Patrysfont­ein, Mosselbaai), Willem Oosthuizen (reserwe algehele wenner - Swartklip, Albertinia), André de Jager (algehele...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa