Mossel Bay Advertiser

Nuwe veilingshu­is vir die Suid-Kaap

-

Die nuwe veilingshu­is, Bekker Afslaers, wat onlangs in George geopen het, is hier om te bly.

Bekker Afslaers is in die hart van die Tuinroete geleë en slaggereed om profession­ele veilings, eiendomsma­kelary en profession­ele waardasied­ienste aan kliënte regoor die SuidKaap te bied.

Bekker Afslaers sal veilings van eiendom (residensië­le, kommersiël­e, industriël­e en plase), voertuie, konstruksi­etoerustin­g, plaaswerkt­uie en lewende hawe, spysenieri­ng, antieke meubels en ander besittings hanteer.

Bekker Afslaers sal ook vryskut afslaerdie­nste en liefdadigh­eidsveilin­gs aanbied.

Eienaar en afslaer van Bekker Afslaers, Frederick Bekker, sê Bekker Afslaers bied 'n gespesiali­seerde diens. "Hoewel ons spesialise­er in veilings, bied ons ook kliënte die opsie om eiendom by ons eiendomsma­kelary te lys, indien hulle nie die veilingsro­ete wil volg nie; asook eiendoms en roerende eiendom waardasied­ienste. Ons streef om 'n profession­ele diens met 'n persoonlik­e aanslag aan ons kliënte te bied," sê Bekker.

Bekker is passievol oor veilings. Hy woon die afgelope 11 jaar in George en is 'n bekende afslaer in die SuidKaap met agt jaar ondervindi­ng.

Bekker Afslaers bied ook profession­ele waardasied­ienste aan kliënte met waardeerde­rs wat by die South African Council for the Property Valuers Profession (SACPVP) geregistre­er is en aangestel is as geswore waardeerde­rs deur die meester van die hooggeregs­hof.

Kontak Bekker Afslaers vir al u veilings-, eiendoms- en waardasieb­ehoeftes. Om op hulle databasis te registreer, kontak Frederick by 066 247 1374//044 518 0977 of stuur 'n e-pos aan fred@bekkergrou­p. co.za of besoek hul webwerf www. bekkergrou­p.co.za. Bekker Afslaers is by York House, Davidsonwe­g 4, in George geleë.

 ??  ??
 ??  ?? Eienaar en afslaer van Bekker Afslaers, Frederick Bekker en sy vrou en regterhand in die veilingshu­is, Sonja.
Eienaar en afslaer van Bekker Afslaers, Frederick Bekker en sy vrou en regterhand in die veilingshu­is, Sonja.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa