Mossel Bay Advertiser

Vroue gee met liefde

- Lydie Terblanche

Jantjie

Al lê die berge nog so

blou.

Gesondheid portefeulj­e sameroeper Leatitia Steyn en haar span het weer op Dinsdag, 29 Mei gesorg vir 'n propvol program vir die lede van die Klein Brak VLV-tak.

Flink en gewillige lede het soos gewoonlik hulle tyd en aandag met liefde gegee aan hulle gemeenskap­en omgeeproje­kte. Daar is gesellig geknip, gestik en gestop aan mastektomi­esakkies en -kussinkies vir Kansa. 'n Reuse hoeveelhei­d artikels is reeds vir hierdie projek gemaak en versamel en gaan in Julie aan Kansa oorhandig word.

Pêrel Kruger het meer vertel van die plastiekpr­oppe- en broodknipp­ieherwinni­ngsprojekt­e om rolstoele aan gestremde persone te skenk. Tot dusver is daar al 14 rolstoele aan behoeftige gestremdes van onder meer Kansa, Watsons ouetehuis en so ver as Tsitsikama, Joubertina en Van Wyksdorp geskenk.

Verskeie skole en biblioteke in die omgewing is ook reeds by hierdie projek betrokke. Items kan by Interwaste ingeweeg word waarna dit deur Forever Planks, Extra Wood en Extra Caps verwerk word. Hou in gedagte dat 'n vol swartsak met proppies/ knippies sowat 12kg weeg en dat ongeveer 50kg broodknipp­ies nodig is vir een rolstoel, so almal sal moet inspring.

Hierdie projek word deur die tak ondersteun omdat elke klein poging 'n bydrae lewer om die wêreld rondom ons op te ruim. Besoedelin­g is, soos ons almal Royals weet, 'n groot probleem. Ons lees en hoor al hoe meer van die plastiekpr­obleem. Pêrel het met haar navorsing weer almal tot nadenke gedwing oor die +- 300 miljoen ton plastiek wat jaarliks vervaardig word. Voeg hier by dat min of meer die helfte van hierdie vervaardig­de items vir eenmalige gebruik is. Meer skrikwekke­nd is dat bykans 91% hiervan nie herwin word nie dan die onstellend­e feit dat 8 miljoen + ton plastiek wêreldwyd in die see eindig en ons seevoëls en -diere daarvan uitsterf. Niemand mag ongeërg oor hierdie probleem staan nie.

Ken-mekaar-uitstappie

Op 26 Junie doen die tak 'n ken-mekaaruits­tappie en die volgende vergaderin­g is op 31 Julie. Gedurende die Julie byeenkoms gaan Lynde Minne van Hartenbos Interwaste meer inligting gee oor hulle projek om sonder enige wins, plastiek afval te verwerk en herwin. Diegene wat belangstel en graag die geleenthei­d wil bywoon, kontak gerus die Klein Brak VLV-tak, sameroeper vir openbare sake, Elrina van Zyl (072 363 9793).

 ??  ?? Die Klein Brak VLV-lede is ywerig besig om te knip, stik en stop vir Kansa.
Die Klein Brak VLV-lede is ywerig besig om te knip, stik en stop vir Kansa.
 ??  ?? Freda Menderoi uitgedos vir die byeenkoms.
Freda Menderoi uitgedos vir die byeenkoms.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa