Mossel Bay Advertiser

Sosiale media is ‘n ‘like’-boerdery

- Rossouw von Solms

Die volgende paar weke wil ek gesels oor algemene slenters of skelmstrek­e wat ons bykans elke dag op sosiale media teëkom.

Sosiale media, veral facebook, het so gewild geraak dat dit groot waarde inhou vir enigiemand wat iets wil bemark of verkoop. Dus, indien iemand ‘n groot klomp facebookad­resse kan versamel, verkry daardie persoon of party toegang tot baie individue om ‘n produk te bemark of een of ander boodskap te versprei.

Een van die algemeenst­e maniere om facebook-adresse te versamel word like farming genoem. Kom ons praat maar van likeboerde­ry in Afrikaans. Die doel van likeboerde­ry is om soveel as moontlik likes of shares of een of ander comment op facebook te versamel. Wanneer

‘n facebook-gebruiker ‘n plasing op facebook like, share of kommentaar lewer word daardie gebruiker se facebook-adres versamel. Dus, indien ‘n

facebook-plasing; 500 likes, 200 comments en 300 shares gekry het, het die persoon wat die plasing gepos toegang tot 1 000 facebook-adresse. Hierdie facebook-adresse kan dan gebruik word om iets te bemark, of ‘n politiese, godsdienst­ige, of ekstremist­iese boodskap aan hierdie facebook-gebruikers te stuur. Om hierdie rede is likeboerde­ry baie gewild en hou dit selfs ekonomiese waarde in vir iemand wat groot getalle facebook-adresse versamel en dan op die swartmark verkoop.

Nou hoe werk like-boerdery? Die volgende is drie van die mees algemeenst­e vorms van like-boerdery wat elke facebook-gebruiker gereeld teëkom.

Eerstens, iemand plaas byvoorbeel­d ‘n foto van ‘n kind wat ‘n gebrek het, kanker het en sonder hare is, of enige foto wat onmiddelik simpatie uitlok. Dan is daar gewoonlik ‘n inskrywing by wat noem dat indien jy simpatie met die kind het, jy die foto moet like of share.

Tweedens, een of ander iets word uitgeloot, soos byvoorbeel­d ‘n luukse motorwoonw­a, vakansies of vlugkaartj­ies en om in aanmerking te kom vir die loting moet jy slegs die plasing like of share.

Derdens, gewoonlik word ‘n pragtige geestelike boodskap gestuur en dan word jy gevra om “Amen” as ‘n kommentaar te stuur indien jy saamstem of assosieer met die boodskap. In sekere gevalle word selfs genoem dat indien jy nie “Amen” intik nie, jy nie geseën sal word nie.

Al hierdie is gevalle van like-boerdery en 99.9% van sulke plasings is slenters. Dit gaan bloot om die versamelin­g van facebook-adresse en misbruik andere se simpatie of emosie.

Wenk vir die week:

Indien jy nie die persoon ken wat die facebook-plasing maak nie, moenie reageer nie. Indien wel, word jy onmiddelli­k deel van die like-boerdery slenter.

Stuur gerus enige vrae aangaande die inhoud van die artikel na rossouw@ mandela.ac.za

* Prof Rossouw von Solms is ‘n emeritus professor en lid van die Sentrum vir Navorsing in Inligting en Kuberseker­heid aan die Nelson Mandela Universite­it.

 ??  ?? Prof Rossouw von Solms
Prof Rossouw von Solms

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa