Mossel Bay Advertiser

Het jy ‘n Sue Bruwer-kaartjie in jou besit?

-

Madri van den Berg van Mosselbaai, skryf:

Sue van Biljon, my oorlede

Moeder was baie bekend en geliefd onder die jong dames.

Sy het vir almal, vir baie jare houtsneekl­asse gratis aangebied weekliks en ook geleer kaartjies maak. Sy het onder haar nooiensvan, Bruwer, gewerk, en haar kuns is ook as “Sue Bruwer”, geteken en met ‘n ronde plakkertji­e gemerk met die karige prys van

R15.

Haar kaartjies is ook by vele winkels te koop aangebied, in ‘n selofaanko­evert vir beskerming.

Daar was 50 kaartjies wat na haar dood, na die familie regoor die wêreld moes gaan.

Dit was vir my emosioneel moeilik om die kaartjies en ander aandenking­s wat sy vir die familie gemerk het, weg te stuur en ek is nou vir die eerste keer gereed om die taak af te handel. Met groot onstelteni­s, en baie trane, is die skoendoos met kaartjies leeg aangetref in die kas waar dit geberg was. Ons het dikwels na die kaartjies gekyk as ons verlang het en kon net dink met watter liefde dit gemaak was.

Ons wil graag ‘n beroep op die publiek doen dat indien hulle van die kaartjies gekoop of as geskenk ontvang het, om dit aan ons terug te besorg.

Ons is bereid om die kaartjies terug te koop. Die familie wil baie graag ‘n aandenking hê en die kaartjies raam ter herinnerin­g aan hierdie talentvoll­e vrou. Ons kan my Moeder nie terugbring nie, maar wel haar handewerk koester en ‘n stukkie van haar by ons hou. Kontak my indien enigeen van my ma se kaartjies het by (082 456 0667) of (044 690 3671).

 ??  ?? Hierdie is ‘n voorbeeld van die kaartjies wat Sue gemaak het.
Hierdie is ‘n voorbeeld van die kaartjies wat Sue gemaak het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa