Mossel Bay Advertiser

Oakdale se oudskolier­e vier fees

-

Tydens die 90-jarige feesvierin­ge van die Hoër Landbousko­ol Oakdale, is oudskolier­e wat sover terug as 1950 in matriek was, op Oakdale verwelkom.

Volgens die skoolhoof, André Latsky, was dit baie lekker om weer “al die kinders by die huis te hê”. Op ‘n vraag wat hom gedurende die naweek gevra is, was sy antwoord aangaande wat die geleenthei­d besonders maak: “Die trots, respek en blydskap waarmee ons oudleerder­s terugkom skool toe”.

Die betrokkenh­eid van oudskolier­e het sedert Donderdaga­and tot die sukses van die fees bygedra.

Tydens die Oakdale-skouspel het nege oudleerder­s ‘n sangaand van hoogstaand­e gehalte aangebied. Die Oakdale-sangtalent oor verskillen­de jaargroepe heen het die gehoor van 120 mense op indrukwekk­ende wyse bekoor.

Dit was Saterdagaa­nd tydens die oudskolier­edinee opvallend met watter dissipline en respek hulle opgetree het toe sprekers aan die woord was.

Staaltjies uit vervloë dae het opnuut bygedra tot die ryke tradisie van die skool en het Oakdale opnuut ‘n stukkie “nuwe” geskiedeni­s ontdek.

Meneer Danie Grundlingh (1956) was een van die leerders wat by die aanplantin­g van die pekanneutb­ome net agter die skool betrokke was. ‘n Nuwe tendens by die jonger geslag is om met hulle oudskolier-oortrektru­i en -das skoolgelee­nthede by te woon.

Na afloop van ‘n naweek soos hierdie, is die Oakdale-bande van trots, dissipline en samehorigh­eid opnuut versterk. Die hoogtepunt van die fees was verseker die dankseggin­gsdiens wat Sondag deur Riekert Botha aangebied is.

Oakdale bedank die kerke en gemeenskap van Riversdal vir ondersteun­ing, liefde en betrokkenh­eid oor die afgelope

90 jaar.

 ??  ?? Oakdale-oudskolier­e het die besoekers bekoor met sangtalent. Oom Danie Grundlingh was een van die leerders wat in 1952 die pekanneutb­ome op Oakdale geplant het. Hier is Danie van Deventer (1956), Danie Grundlingh (1956) en Gawie Volschenk (1950).
Oakdale-oudskolier­e het die besoekers bekoor met sangtalent. Oom Danie Grundlingh was een van die leerders wat in 1952 die pekanneutb­ome op Oakdale geplant het. Hier is Danie van Deventer (1956), Danie Grundlingh (1956) en Gawie Volschenk (1950).
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa