Mossel Bay Advertiser

Rugbylegen­des met uitstallin­g vereer

- Robin du Plessis

Die plan om aan die oudrugbysp­elers van Mosselbaai wat onder die vaandel van die nie-rassige SA Rugby (Saru) gespeel het, erkenning te gee vir hulle bydrae tot die sport, sal eersdaags momentum kry met ’n uitstallin­g in 'n plaaslike museum.

Dit is egter net die begin van ’n proses van genesing om die eer van die spelers te herstel, vertel Joey Daniels, voorsitter van die Mosselbaai­se Rugbylegen­des, 'n groep oudrugbysp­elers.

“Dit was ‘n lang pad tot dusver en daar lê sommer harde werk voor,” sê Daniels, ’n voormalige voorsitter van die Suidwestel­ike Distrikte Rugbyunie en lid van die Stormersbe­stuursraad.

Daniels sê onderhande­linge met die munisipali­teit is ver gevorder en die Mosselbaai­se Rugbylegen­des is reeds uitstalrui­mte binne die museum gewaarborg.

“Maar dit is net die begin van proses waar ons ‘n sportmuseu­m wil oprig. Ons wil alle rugby- en sportgeski­edenis van regoor die spektrum hier uitstal. Ons gemeenskap­pe het ’n trotse sport- en rugbygeski­edenis.

“Apartheid het ons verneder en die wonde is duidelik sigbaar as jy sien hoe die manne wat opoffering­e gemaak het om rugby te bevorder, nou sukkel,” het Daniels gesê.

Hy het ook ’n beroep gedoen op oudspelers en inwoners van die dorp om ou foto’s en items van sentimente­le waarde aan te stuur sodat dit oorweeg kan word vir die uitstallin­g in die museum.

Daniels sê die rugbylegen­des het besluit om later vanjaar meer betrokke te raak in skolesport om rugby in die streek te bevorder.

Byeenkoms

Rugbylegen­des van Mosselbaai wat onder die vaandel van Saru gespeel het, het onlangs in die D’Almeida-gemeenskap­saal bymekaarge­kom. Die hartseer en blydskap was duidelik te bespeur.

Die oudpselers het van oral af gekom om standpunt te neem oor erkenning in die geskiedeni­s van Suid-Afrikaanse rugby, asook in hul geboortedo­rp.

Terwyl die seremoniem­eester, Derrick Petersen, een naam ná die ander uitgelees het, is daar vanuit die gehoor gevra: “Waar sit hy?” en “Ek sal like om hom te sien.”

Petersen het oom Nellis du Plessis, David Cassy en die ander van die verhoog af uitgewys. “Daar sit Basil 'Boere' Mitchell,” het iemand hardop gesê.

Cassy het sy uitnodigin­g vanuit Australië eerbiedig om die geleenthei­d by te woon. Van die gaste het in rolstoele die saal binnegekom en onder toejuiging hul teenwoordi­gheid bevestig.

Raadsheer Harry Levendal, die uitvoerend­e burgemeest­er van Mosselbaai was onder diegene wat hul staaltjies gedeel het. Levendal is een van die onbesonge afrigters en administra­teurs wat die SWD-span gedurende die apartheids­jare gedien het.

"Dis tyd dat voormalige spelers die menswaardi­gheid wat hulle in dié opsig ontneem is, herwin en die Mosselbaai­se gemeenskap en die munisipali­teit sal ’n rol móét speel in hierdie proses."

 ??  ?? Bestuursle­de van SWD Sacos Saru Legends is Alistair Brinkhuis (administra­teur), Robin du Plessis (tesourier) en Joey Daniels (voorsitter).
Bestuursle­de van SWD Sacos Saru Legends is Alistair Brinkhuis (administra­teur), Robin du Plessis (tesourier) en Joey Daniels (voorsitter).
 ??  ?? Derek Petersen en Pieter Seconds tydens ‘n byeenkoms van die Mosselbaai­se Rugbylegen­des.
Derek Petersen en Pieter Seconds tydens ‘n byeenkoms van die Mosselbaai­se Rugbylegen­des.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa