Mossel Bay Advertiser

Duiwe presteer goed

-

Die Diaz All Flight-duiweklub se duiwe het die afgelope naweek deelgeneem aan wedvlugte vanaf Drie Susters (270km). Rhyn van Rooyen wen die klub se jaaroud afdeling gevolg deur T&L Swart in die 2de en Smalberger-hokke in die 3rde plek.

'n Duif van Alfie Ladson wen die ope afdeling gevolg deur onderskeid­elik Rhyn van Rooyen in die 2de plek en Smalberger hokke in die 3rde plek. Larry van Vuuren se duiwe presteer baie goed deur altesaam 18 plekke in die klubkompet­isie te verower. In die klub se dorpseksie wen T&L Swart die jaaroud afdeling met Alfie Ladson wat maklik die ope afdeling wen.

Die klub se dorpseksie neem hierdie jaar deel aan 'n ses duif kompetisie waar elke lid slegs ses duiwe per wedvlug mag inskryf. Volledige uitslae is soos volg:

Klub jaaroud afdeling: Rhyn van Rooyen (1, 4, 5, 15, 30); T&L Swart (2, 6, 13, 23); Smalberger-hokke (3, 7, 8, 11, 17); Larry van Vuuren (9, 10, 14, 20, 21, 24, 25, 26); Alfie Ladson (12, 16, 18, 19); Jerry van der Mescht (22, 28); Jurgens Truter (27); Chris Nel (29).

Klub ope afdeling: Alfie Ladson (1, 16, 25, 28); Rhyn van Rooyen (2, 18, 19, 20); Smalberger

hokke (3, 8, 10); Larry van Vuuren (4, 5, 6, 11, 12, 13, 14, 15, 17, 30); T&L Swart (7, 9, 22, 23, 24, 29); Chris Nel (21); George Bezuidenho­ut (26, 27).

Dorpseksie jaaroud afdeling: T&L Swart (1, 3, 8, 14); Smalberger-hokke (2, 4, 5, 6, 10); Alfie Ladson (7, 9, 11, 12); Jerry van der Mescht (13, 16); Jurgens Truter (15); Chris Nel (17).

Dorpseksie ope afdeling: Alfie Ladson (1, 7, 13, 14); Smalberger-hokke (2, 4, 6); T&L Swart (3, 5, 10, 11, 12, 15); Jerry van der Mescht (8, 16, 17); Chris Nel (9); Jurgens Truter (18).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa