Mossel Bay Advertiser

Rob en Daan klok eerste wenduiwe

-

Die Mosselbaai Posduifklu­b se 2018-seisoen het op Saterdag, 2 Junie afgeskop toe die duiwe van die Eden Unie op Drie Susters (275km) losgelaat is.

Die Tuinroete en Suid-Kaap Duiwe unies het vroeër vanjaar saamgesmel­t om die nuwe Eden Unie te vorm. Alle klubs in die Klein Karoo en Tuinroete vorm deel van die Eden Unie. Wedvlugte vind vanjaar vanaf Drie Susters tot Koppies plaas.

Die duiwe word op Donderdaga­ande ingeskryf en Saterdagog­gende op die betrokke wedvlugpun­t losgelaat vir wedvlugte. Twee wedvlugte vind per Saterdag plaas, een vir jongduiwe (jaaroud) en die ander 'n ope afdeling.

Verskeie diefstalle van lede se duiwe het die afgelope tyd plaasgevin­d en is duiwe wat gesteel is met behulp van die polisie teruggevin­d. Sommige duiwe was egter baie swak behandel en het siek na hul eienaars se hokke teruggekee­r. Sekere duiweliefh­ebbers se duiwe moes drasties behandel word en het dit met hul oefenprogr­am ingemeng. Terwyl daar siektes in hokke is, word geen van daardie duiwe vir deelname aan wedvlugte ingeskryf nie.

Die Mosselbaai-klub is besonders sterk met 21 spanne wat vanjaar in dié klub deelneem. Die kompetisie beloof om vanjaar baie straf te wees en sal 2017 se klubkampio­ene, Faunty Gillmer - Gillroy (Tuinroete) en Chappy Gertenbach - Chapmar (SKDU) van meet af moet presteer om hul status te behou.

Drie Susters

Die afgelope Saterdag se twee wedvlugte vanaf Drie Susters is deur onderskeid­elik Rob Edwards - R&R Lofts (jaaroud) en Daan Stander (ope) gewen. 'n Sterk noordweste wind het die duiwe laat swaarkry maar het 'n duifie van Rob die volgende duif in die jaaroud-afdeling met 18 minute geklop. Hierdie duiwe is om 07:45 losgelaat en Rob klok sy wenduif om 11:10.

Die ope duiwe is om 08:15 losgelaat met Daan wat sy wenduif om 11:34 klok, sewe sekondes voor Rob se duifie wat die tweede plek in die ope afdeling inneem.

Nuweling in die klub, Gert Wessels, behaal 'n goeie vierde plek in die ope afdeling.

Die klub se topprestee­rders in die Drie Susters-wedvlugte is:

Jaaroud: 1. R&R Lofts, 2. Jan Rousseau, 3. Chapmar, 4. Chapmar, 5. Le Grange Hokke.

Ope: 1. Daan Stander, 2. R&R Lofts, 3. AJE Lofts, 4. Gert Wessels, 5. Le Grange Hokke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa