Mossel Bay Advertiser

Leighton skitter vir Arende

- André Stander

Die SWD Arende is na groot nederlae teen die DHL Westelike Provinsie en die Boland-Kavaliers in die Supersport­uitdaagree­ks weer terug op die wenpad.

Hulle het Saterdagmi­ddag met aanskoulik­e hardloopru­gby die OP Olifante op die Rosemoor-sportterre­in met 47-28 geklop. Rustyd was die wenspan reeds met 28-0 voor gewees.

Die jongste puntestand in die kompetisie is: DHL Westelike Provinsie 29 punte en punteversk­il (+200); Boland Kavaliers 16 punte en punteversk­il (+38); SWD Arende 15 punte en punteversk­il (-21), GrensBulld­ogs 10 punte en punteversk­il (-82); OP-Olifante 5 punte en punteversk­il (-135).

Die Arende het die oorhand gehad in die skrums en was ook baas in die vaste fasette. Hul sal egter hard moet werk aan hul verdedigin­g, wat in die tweede helfte gelol het toe hulle die Olifante toegelaat het om vier drieë te druk.

Die vlugvoetig­e heelagter van die Arende, Leighton Eksteen, wat aangewys is as speler van die wedstryd, was sy span se groot generaal. Hy het 17 punte met ‘n drie en ses doelskoppe aangeteken. Eksteen was altyd gevaarlik as hy by sy agterlyn aangesluit het en het ‘n groot aandeel gehad in die sewe pragdrieë wat sy span gedruk het. Met sy taktiese skoppe het hy die besoekers telkemale laat omdraai.

Die spoedvraat, Alshaun Bock (linkervleu­el) se terugkeer in die Arende span kon nie op ‘n beter tyd gekom het nie. Bock, wat ‘n skitterend­e drie gedruk het, het die skare telkemale op hul voete gehad met sy spoed.

In die middelveld het hul senterpaar, Marlou van Niekerk (kaptein) en Tyler Fisher, in die aanval en verdedigin­g geskitter.

Voorlangs het hul lostrio, Davon Raubenheim­er, Nicolaas Immelman, Wayne Wilschit, Ruben Schoeman (slot), Le Roux Baard (haker) en Janneman Stander (plaasverva­nger-flank), uithalersp­el gelewer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa