Mossel Bay Advertiser

Skuts presteer in sterk wind

-

Hoewel Saterdag se maandeliks­e skietkompe­tisie in winderige omstandigh­ede plaasgevin­d het is goeie tellings steeds behaal.Elke dissipline het dan ook 'n ander wenner opgelewer met oortuigend­e wentelling­s wat deur die onderskeie wenners behaal is.

Die mees seniorlid, Gert Nel, het geskitter en met die silhoeët-skiet almal geklop deur die meeste metaaldier­tjies plat te skiet.

Uitslae

10m: 1. Willie Germishuys; 2. Marius van Wyk; 3. Suzette Herrer en Mariska van Wyk; 5. Gert Nel en Eugene Barnard.

20m: 1. Mariska van Wyk; 2. Suzette Herrer en Willie Germishuys; 4. Marius van Wyk; 5. Danie le Roux.

20m snel: 1. Suzette Herrer; 2. Marius van Wyk; 3. Mariska van Wyk; 4. Gert Nel en Willie Germishuys.

9mm: 1. Johan Uys; 2. Willie Germishuys; 3. Mariska van Wyk; 4. Gert Nel; 5. Marius van Wyk.

10-20m silhoeët: 1. Gert Nel; 2. Danie le Roux; 3. Johanna Germishuys; 4. Eugene Barnard; 5. Marius van Wyk.

20m silhoeët: 1. Willie Germishuys en Marius van Wyk; 3. Gert Nel; 4. Mariska van Wyk; 5. Johan Uys.

Na die individuel­e afdeling het 'n spankompet­isie plaasgevin­d. In die 1020m silhoeët het Eugene Barnard en Ivan Maddison koning gekraai met Johan Uys en Suzette Herrer asook Mariska en Marius van Wyk tweede met Danie le Roux en Willie Germishuys vierde en Gert Nel en Johanna Germishuys vyfde.

In die 20m silhoeët was dit Johan en Suzette wat koning gekraai het met Danie en Willie tweede, Gert en Johanna derde, Marius en Mariska vierde en Eugene en Ivan vyfde.

Woensdag

Woensdag het 'n lekker winterdag verander met 'n moeilike noordweste wind wat skiet bemoeilik het.

Suzette het beide die .22 en 9mm met goeie tellings gewen. Goeie tellings is behaal deur Hannes Ingram in die 9mm terwyl Samson Tshoto 'n baie goeie 92/100 in die .22 behaal het.

Die top 10 skuts was: 1. Suzette;

2. Ounooi Bock en Samson; 4. Gert Nel en Danie le Roux; 6. Eugene Barnard en Kara Hattingh; 8. Johan Kemp; 9. Chris Stoop;

10. Willie Nel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa