Mossel Bay Advertiser

Kompeteer met jou Afrikaans

-

Afrikaans is ’n taal wat kan kotiljons en samba op die tong en die ATKV-kultuurtak Hartenbos wil met sy kompetisie ’n ieder en ’n elk uitdaag om met hul Afrikaanse woordeskat te woeker.

“Ons is baie opgewonde oor die kompetisie en die rol wat dit kan speel om Afrikaans uit te bou,” sê Anton Botes, voorsitter van die ATKV-kultuurtak Hartenbos.

Daar is vyf kategorieë waarin jy kan deelneem – unieke gesins- of familiewoo­rde; streeksgeb­onde woorde, nuutskeppi­ngs, jou gunsteling- Afrikaanse woord en ’n woord uniek aan jou skool, vriendekri­ng of klas.

WhatsApp of SMS jou naam, van, kategorie en woordbydra­e aan Lorraine (072 741 6300). Jy kan ook ’n e-pos stuur na wiehmajh@telkomsa.net.

Inskrywing­s is gratis. Die sluitingsd­atum is Maandag, 11 Junie. Daar is lekker pryse op die spel en die wenners sal tydens die Afrikaanse Idiomeaand op 20 Junie bekend gemaak word.

Lorraine Wiehman van die ATKVkultuu­rtak Hartenbos sê die idiomeaand is ’n moet – of jy jou vir die kompetisie inskryf of nie. “Kom geniet ’n glasie sjerrie of koppie sop terwyl ons roekeloos en lekker met die Afrikaanse taal rondwoel.”

Die aand – by die Hartenbosr­olbalklubh­uis – word ter ondersteun­ing van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Borg ’n Woord-projek aangebied. Die verrigting­e begin om 18:30 vir 19:00.

Vir meer inligting kontak gerus vir Lorraine by 072 741 6300 of 044 695 0315.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa