Mossel Bay Advertiser

Hartenbos se langasems gereed vir Comrades

-

Altesaam agt ouers van leerders by Laerskool Hartenbos gaan op Sondag, 10 Junie die Comrades aandurf.

Die skoot klap om 05:30 en deelnemers het 12 uur tyd om die 90,184km vanaf Pietermari­tzburg na Durban te voltooi.

Die Comrades-marathon is die wêreld se oudste en grootste ultramarat­hon wat jaarliks oor 'n afstand van ongeveer 90km gehardloop word. Die wedloop vind plaas tussen Pietermari­tzburg en die kusstad Durban.

Die rigting van die wedloop word elke jaar gewissel tussen die sogenaamde op-wedren vanaf Durban en die af-wedren vanaf Pietermari­tzburg. Die wedloop word oor 'n strawwe roete afgelê wat vyf heuwels insluit, naamlik Cowies Hill, Field's Hill, Botha's Hill, Inchanga en uiteindeli­k die berugte Polly Shortts. Met die afwaartse wedloop is daar 'n ewe uitdagende stel heuwels en word baie drawwers verras deur die steil heuwels wat hulle teëkom. Die ouers wat deelneem is: Theo Otto, dit is sy 2de Comrades en hy oefen alleen. Anneke Otto sal vanjaar haar 1ste Comrades aandurf en oefen ook alleen. Annakie Pretorius doen vanjaar haar 4de Comrades, en sy oefen saam met Helena Jonker wat haar 3de Comrades gaan aandurf terwyl Ané Scholtzen en Nerida Lubbe beide hul 3de Comrades sal aanpak. Leon Holtzhauze­n doen vanjaar sy 1ste Comrades terwyl Bertus du Toit sy 7de Comrades sal aandurf.

Die Mossel Bay Advertiser wens die ouers sterkte toe met die uitdagende reis.

 ??  ??
 ??  ?? Hier is die brawe drawwers, almal ouers van leerders aan Hartenbos Laerskool wat Sondag die Comrades gaan aandurf.
Hier is die brawe drawwers, almal ouers van leerders aan Hartenbos Laerskool wat Sondag die Comrades gaan aandurf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa