Mossel Bay Advertiser

Burgemeest­er lê klem op sport

- Nickey le Roux

Met nog net enkele maande voor die jaarlikse Mosselbaai Sport en Rekreasief­ees, volg die nuus dat die uitvoerend­e burgemeest­er, raadsheer Harry Levendal, sy Burgemeest­ersbekersp­ortbyeenko­ms in Groot-Brakrivier sal aanbied.

Die byeenkoms, wat sterk sal fokus op deelnemers uit die landelike gemeenskap­pe, sal oor twee dae strek en in GrootBrakr­ivier aangebied word. In die loodsjaar sal aanvanklik op netbal, rugby en sokker gekonsentr­eer word.

Die Burgemeest­ersbeker, oftewel Mayoral Cup se 7’s-kompetisie in ‘n inisiatief van die landelike ontwikkeli­ngsafdelin­g van die Mosselbaai-munisipali­teit en bied die geleenthei­d vir landelike rugby- en netbalspan­ne om teen mekaar mee te ding. Daar sal 20 spanne van Friemershe­im, Ruiterbos, Herbertsda­le, Brandwag, Buisplaas, Mosselbaai Titans, Sonskynval­lei, Powertown en GrootBrakr­ivier in aksie wees.

Die kompetisie word op 6 en 7 Oktober op die Groot-Brakrivier-sportgrond­e gehou en sal deel uitmaak van vanjaar se Sport en Rekreasief­ees wat van 22 September tot 10 Oktober sal plaasvind.

Die kompetisie word in samewerkin­g met SWD en Eden-netbal aangebied en Mosselbaai-munisipali­teit bied slegs logistieke ondersteun­ing soos benodig.

As deel van die voorbereid­ings vir die 7’s-kompetisie, sal ‘n sportklini­ek vir die afrigters van die 20 landelike spanne wat geïdentifi­seer is vir die kompetisie, in Augustus aangebied word sodat hul hul spanne vir die kompetisie, wat in 7’s-formaat is, kan voorberei.

Vir meer inligting of om die kompetisie te borg, kontak Setchmor Rhoodes, landelike ontwikkeli­ngsbeampte by Mosselbaai­munisipali­teit, (044 606 6500 of stuur e-pos na srhoodes@mosselbay.gov.za).

Burgemeest­er se gholfdag

Die tyd raak min vir die tweede jaarlikse Burgemeest­ersgholfda­g wat op 22 Junie by die Mosselbaai-gholfklub plaasvind. Burgemeest­er Harry Levendal bied dié geleenthei­d aan ten bate van sy verligting­en welsynsfon­ds om hulpbehoew­endes in die gemeenskap by te staan.

Die teikenbedr­ag is R300 000 en borge en spanne wat nog wil inskryf vir die vierbalkom­petisie kan Ronell du Toit kontak (044 606 5000 of rdutoit@mosselbay.gov.za).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa