Fa­mi­lie­vriend ‘ver­krag’ 76-ja­ri­ge de­men­sie­ly­er

Mossel Bay Advertiser - - Voorblad - Lou­i­se Kar­sten

Die fa­mi­lie van ‘n 76-ja­ri­ge pa­si­ënt wat aan Al­z­hei­mer se siek­te lei en by 'n plaas­li­ke sorg­sen­trum tuis­gaan, het ‘n saak van ver­krag­ting by die po­li­sie aan­han­gig ge­maak, na­dat beeld­ma­te­ri­aal van die be­weer­de mis­dryf ge­vind is.

‘n Vyf-en-ses­tig­ja­ri­ge fa­mi­lie­vriend, wat die pa­si­ënt ge­reeld kerk toe ge­neem het, is kort na die voor­val van ver­krag­ting aan­ge­kla. Die ver­dag­te, wat ge­troud is, woon op Har­ten­bos en was saam met die fa­mi­lie in die­self­de kerk. Hy is in­tus­sen vry­ge­laat, han­gen­de ‘n uit­staan­de dok­ters­ver­slag om die slag­of­fer se mees on­lang­se me­die­se toe­stand te be­paal. Vol­gens ‘n po­li­sie­woord­voer­der sal die jong­ste ver­slag by die dos­sier ge­voeg word, waar­na die saak weer op die hof­rol sal kom en die ver­dag­te ge­dag­vaar sal word om voor die hof te ver­skyn.

'Ons het hom ver­trou'

Die slag­of­fer se dog­ter werk op Mos­sel­baai en sê sy is dank­baar vir die spoe­di­ge op­tre­de van die sorg­sen­trum, wat in die ver­sor­ging van pa­si­ën­te met Al­z­hei­mer se siek­te spe­si­a­li­seer. “As dit nie vir hul­le was nie, sou ons nooit hier­van ge­weet het nie.” Sy sê haar ma is reeds ‘n jaar in die sorg­sen­trum woon­ag­tig en die ver­dag­te was ‘n ge­reel­de be­soe­ker.

"Ons het geen re­de ge­had om die ver­dag­te nie te ver­trou nie. Ons ken hom reeds ja­re en hy het ty­dens my pa se siek­bed my ma ge­reeld hos­pi­taal toe ge­neem vir 'n be­soek. Ons het hom ver­trou.”

Die be­weer­de ver­krag­ting het on­langs op die lap­pe ge­kom toe ‘n ver­pleeg­ster by die sorg­sen­trum die vrou by haar ka­mer ge­roep het vir ete. Die ver­dag­te het glo die ka­mer­deur toe­ge­druk waar­na die ver­pleeg­ster die ma­tro­ne ge­roep het.

Hier­na is beeld­ma­te­ri­aal van ‘n ka­me­ra wat in die slag­of­fer se ka­mer ge­ïn­stal­leer is na­ge­gaan. Die beeld­ma­te­ri­aal dui daar­op dat die ver­dag­te die pa­si­ënt op Son­dag, 9 Sep­tem­ber en weer op Maan­dag, 10 Sep­tem­ber ver­krag het. Die ver­dag­te be­weer eg­ter dat die vrou daar­toe in­ge­stem het. Haar dog­ter sê die ver­dag­te ken haar ma reeds

‘Ons het geen re­de ge­had om die ver­dag­te nie te ver­trou nie. Ons ken hom reeds ja­re.’

et­li­ke ja­re en het ge­weet sy is siek.

“Hy weet wat haar toe­stand is en boon­op is hy ge­troud met ‘n dier­ba­re vrou. Ek moes drie dae stres­ver­lof vat na­dat ek ge­hoor het wat met my ma ge­beur het. Dit is vir my ‘n ge­wel­di­ge skok.”

Die sorg­sen­trum het die ver­dag­te on­mid­de­lik die per­seel be­let. “Ek kan net dan­kie sê vir die wy­se waar­op hul­le die voor­val han­teer het.” Sy sê hul­le gaan die saak nie net los nie en wil sien dat dit in die hof aan­ge­hoor word.

* Die i­den­ti­teit van die slag­of­fer en haar dog­ter word op ad­vies weer­hou. Die i­den­ti­teit van die ver­dag­te is aan die

Mos­sel Bay Ad­ver­ti­ser be­kend, maar word weer­hou tot­dat die ver­dag­te op die aan­klag teen hom ge­pleit het.

Fo­to: Lin­da S­parg

Ma­ria van S­ta­den, be­kend vir haar be­trok­ken­heid by die be­wus­ma­king ra­ken­de Al­z­hei­mer se siek­te, is hier sig­baar ge­skok toe sy die nuus van die be­weer­de ver­krag­ting aan­hoor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.