Ge­wa­pen­de roof in Da­na­baai

Mossel Bay Advertiser - - News - Nic­key le Roux

Die K­waNon­qa­ba-po­li­sie on­der­soek 'n klag van ge­wa­pen­de roof na­dat twee mans op Vry­dag, 21 Sep­tem­ber 'n vrou in haar huis in Da­na­baai met 'n hand­wa­pen ge­dreig en van 'n on­be­ves­tig­de be­drag kon­tant en sel­fo­ne ge­roof het.

Vol­gens be­ves­tig­de in­lig­ting het die twee mans, ge­klee in wat ge­lyk het soos mu­ni­si­pa­le oor­pak­ke, om­streeks mid­dag­e­te per fiets by 'n huis in P Mi­nor­straat op­ge­daag.

Hul­le het na­vraag ge­doen oor 'n bou­kon­trak­teur wat glo daar woon, maar is blyk­baar in­ge­lig dat hy nie tuis was nie. Hul­le is op­ge­merk waar hul­le nie­te­min na sy woon­huis ge­gaan het.

Die bou­kon­trak­teur se vrou was tuis en was na wat ver­neem word be­sig om die werks­men­se se lo­ne voor te be­rei toe die twee ver­dag­tes daar op­daag. Een van die mans se ge­sig was met 'n klap­mus be­dek. Die mans het die vrou met 'n on­be­ken­de ka­li­ber hand­wa­pen ge­dreig en het met die kon­tant en sel­fo­ne ge­vlug. Die slag­of­fer het so­ver be­kend geen be­se­rings ty­dens die voor­val op­ge­doen nie.

Die on­der­soek­be­amp­te is ad­ju­dant-of­fi­sier Er­rol Bar­nard van die K­waNon­qa­ba-po­li­sie se on­der­soek­een­heid. E­ni­ge in­lig­ting oor die voor­val kan aan ao Bar­nard (044 606 5600 of 082 4119680) deur­ge­gee word. Die po­li­sie mag po­si­tie­we in­lig­ting goed be­loon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.