Seun skenk sy ha­re vir Kan­sa

Mossel Bay Advertiser - - News - Ter­sia Ma­rais

Ty­dens die Len­te­fees wat ver­le­de na­week by die Fai­r­view Far­my­ard plaas­ge­vind het, het 'n hart­roe­ren­de to­neel hom af­ge­speel.

Die vyf­ja­ri­ge Re­chardt Du­ve­na­ge se haar­tjies is nog nooit ge­sny nie en hy het be­sluit om sy ha­re een­dag vir ie­mand te skenk wat siek is. Sy ou­ers het hom groot­ge­maak met ‘n be­wust­heid van kan­ker en hy het ‘n ruk­kie ge­le­de aan Pa Re­nier ge­noem dat hy dink die tyd nou reg is om sy goue lok­ke af te sny.

Die ge­leent­heid het hom Sa­ter­dag voor­ge­doen en hoe­wel hy eers in tra­ne was (om­dat al die men­se vir hom ge­kyk het!) het hy sy nu­we maat­jie, Mee­hi­ka, laat roep om sy hand­jie te kom vas­hou. Ten aan­skoue van ou­ma An­ne-Ma­rie en ou­pa At­tie, pap­pa Re­nier en 'n he­le paar on­der­steu­ners, het Da­niel Prins met sy haar­knip­per die prag­ti­ge lang po­nie­stert af­ge­sny en aan Kan­sa oor­han­dig om dit aan ‘n siek dog­ter­tjie te skenk.

“Ek is baie trots op al drie my seuns maar Sa­ter­dag was vir my die trot­ste dag nog. Ek weet nou dat my oud­ste seun baie meer guts het as ek,” was Re­nier se woor­de na die tyd. Re­nier is ook ‘n trot­se vry­wil­li­ger van S.M.A.R.T. en sy drie seuns Re­chardt, Rob­bie en Ro­handré het al­reeds saam met Re­nier ge­gaan om ‘n ge­stran­de rob te gaan help.

Voor­waar 'n ge­sin wat om­gee vir mens en dier in nood.

Sir Gar­den Rou­te, An­ton Del­le­mi­jn, Re­nier en Re­chardt Du­ve­na­ge en Miss U­ni­ted Na­ti­on Da­ni­ca Bar­nard met Re­chardt se po­nie­stert wat hy vir Kan­sa laat af­sny het.

Jan du Toit

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.