Al­le oë op Li­fe Bay View-hos­pi­taal

Mossel Bay Advertiser - - News - Nic­key le Roux

Li­fe Bay View-hos­pi­taal sal Vry­dag­aand, 28 Sep­tem­ber van­af 19:00 tot 21:00 rooi ge­tooi wees ter vie­ring van Wê­reld Hart­dag.

Hoe­wel die dag na reg­te eers op Sa­ter­dag ge­vier word, sal die hos­pi­taal reeds op Vry­dag ge­stal­te gee aan dié be­son­de­re dag, juis om­dat Li­fe Bay View die e­nig­ste kar­di­o­lo­gie-een­heid in die Suid-Kaap bied.

Per­so­neel sal van­dag rooi dra en in die loop van die dag sal bloed­druk­toet­se tus­sen 10:00 en 12:00 gra­tis in die ont­vangs­a­rea ge­doen word. In­lig­ting­stuk­ke oor ge­son­de eet­ge­woon­tes sal deur die di­eet­kun­di­ges ver­sprei word.

Die hoog­te­punt sal eg­ter wees wan­neer die hos­pi­taal van­aand van­af 19:00-21:00 met ‘n rooi lig aan die voor­kant van die hos­pi­taal be­lig sal word. ‘n Wit hart­jie in hier­die rooi muur sal ver­der deel vorm van die be­wus­ma­kings­ak­sies vir die dag.

Die hos­pi­taal ver­wel­kom op 1 Ok­to­ber 'n nu­we kar­di­o­loog wan­neer dr HW Sny­man by die uit­ste­ken­de span spe­si­a­lis­prak­ti­syns wat Mos­sel­baai van an­der dor­pe on­der­skei, aan­sluit.

In­wo­ners word uit­ge­nooi om van­aand te kom loer hoe mooi die hos­pi­taal­ge­bou in rooi ge­tooi word.

Li­fe Bay View-hos­pi­taal sal van­aand, Vry­dag 28 Sep­tem­ber van­af 19:00-21:00 met ‘n rooi lig aan die voor­kant van die hos­pi­taal be­lig word. ‘n Wit hart­jie in hier­die rooi­be­lig­te muur sal deel vorm van die be­wus­ma­kings­ak­sies vir Wê­reld Hart­dag wat mô­re ge­vier word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.