Bo­me loop deur on­der kwaad­doe­ners se han­de

Mossel Bay Advertiser - - News - Lou­i­se Kar­sten

'n In­wo­ner op Mos­sel­baai, Su­san Dek­ker het 'n pas­sie vir bo­me, as­ook die vreug­de wat dit aan men­se kan ver­skaf. "Hul­le ver­sag nie net ons om­ge­wing nie, maar gee ook le­we en skui­ling aan vo­ëls. 'n Boom bied ska­du, noem maar op," sê sy. "Soek 'n plek, plant 'n boom, troe­tel hom vir 'n jaar of drie en kyk hoe jy met vreug­de be­loon word," het Su­san on­langs ge­sê.

In 2013 het Su­san en tuin­spe­si­a­lis, Lu­cre­tia van der Walt by die in­gan­ge na die dorp en die ge­bied rond­om Lou­is Fou­rie­weg be­gin fo­kus en bo­me ge­plant. SSK A­gri­land, toe nog Tuin­roe­te A­gri, het da­de­lik be­sluit om aan die pro­jek deel te neem. Agt wil­de­pruim­bo­me is in In­du­stry­weg, as­ook 25 ka­suur­bo­me in Lou­is Fou­rie­weg is op SSK se kos­te ge­plant en in so­ge­naam­de pleeg­sorg ge­plaas. Die pleeg­sorg be­hels ek­stra sorg en lief­de vir die bo­me om­dat die uit­da­gen­de kli­maat en grond­toe­stan­de op Mos­sel­baai dit ver­eis.

Se­dert­dien gee SSK een maal per week die bo­me wa­ter en ge­reel­de voe­ding. In A­pril 2017 het seuns van ‘n ho­ër­skool in Noord-Kaap wat die Art­hur John­son­sport­week by­ge­woon het, die bo­me be­ska­dig. Op Woens­dag­aand, 5 A­pril om­streeks 01:00, al­dus ver­skeie oog­ge­tui­es, het die seuns die bo­me af­ge­breek, rond­ge­gooi en ge­skop soos ‘n rug­by­bal. Oog­ge­tui­es het ook ge­sien hoe die seuns klip­pe na die ver­keers­lig op die hoek van In­dus­trie- en Lou­is Fou­rie­weg gooi. Die po­li­sie is ont­bied.

Vol­gens Van der Walt sou die ver­van­ging van die in­heem­se bo­me by be­ra­ming

R1 100 per boom kos. Ses bo­me is erg be­ska­dig en moes ver­vang word. Die ses bo­me is spe­si­aal van­af Kaap­stad ge­bring en het be­gin flo­reer.

On­ge­luk­kig het ‘n on­be­ken­de per­soon on­langs in die nag twee groot ka­suur­bo­me met wor­tels en al uit­ge­gra­we en ver­wy­der.

An­ne­lie van Wyk, die SSK se se­ni­or be­stuur­der vir be­mar­king en kom­mu­ni­ka­sie sê: “Ons is baie trots op ons boom­pro­jek en het die bo­me die af­ge­lo­pe vier jaar met baie sorg ver­troe­tel. Hier­die pro­jek is en was 'n po­ging om die a­rea te ver­fraai en die dorp se in­gang 'n hup­stoot te gee. Dis dus werk­lik jam­mer dat al­mal nie ons droom vir

Mor­né van Rens­burg, as­sis­tent tak­be­stuur­der by SSK A­gri­land, staan by een van die bo­me wat flo­reer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.