Raad­op met be­hui­sing

Mossel Bay Advertiser - - Briewe | Letters -

Han­de in die ha­re van Har­ten­bos, skryf: Die in­sig­ge­wen­de ar­ti­kel in ver­le­de week se uit­ga­we van die Mos­sel Bay Ad­ver­ti­ser, Ren­tal hou­sing a wor­ry, ver­dien ap­plous. Om 'n huur­huis te kry in Mos­sel­baai en om­ge­wing gee 'n mens nie net sla­pe­lo­se nag­te nie, maar is 'n nag­mer­rie wat selfs in jou dag­dro­me by jou kom spook. Dat huis­ei­e­naars wat wil ver­huur vas­skop teen troe­tel­die­re as deel van die nu­we in­wo­ners van hul­le ei­en­dom­me, is se­ker in 'n ma­te ver­staan­baar, maar dat daar selfs teen kin­ders kap­sie ge­maak word, is nie net on­denk­baar nie, maar on­mens­lik.

'n Mens kan im­mers met jou troe­tel­die­re, hoe on­reg­verg­dig ook­al, 'n plan maak, maar hoe ge­maak met jou kin­ders? Dit gaan nie baie goed lyk om 'n ad­ver­ten­sie op een van Mos­sel­baai se ve­le ge­meen­skap­li­ke fa­ce­book­blaaie te plaas wat lees: "twee kin­ders, gra­tis vir 'n goeie huis"? nie.

Of dalk sal ie­mand, wat nie bang is vir kin­ders nie, 'n groot "kin­der­huis" be­skik­baar stel waar ons al­mal wat bly­plek te huur kry en nie ons troe­tel­die­re of kin­ders mag saam­vat nie, dalk 'n heen­ko­me vir ons bloed­jies sal vind.

Ko­maan ver­huur­ders - ha­ve a he­art!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.