Mossel Bay Advertiser

Tenniskomp­etisie op die 6de

-

Met die jaarlikse Mosselbaai Sportfees voor hande is daar vir tennisspel­ers van die omgewing ‘n geleenthei­d om gesonde kompetisie tydens die feestyd te kan geniet. Die Mosselbaai-tennisklub bied op Saterdag, 6 Oktober ‘n tenniskomp­etisie aan.

Die dag se tennis begin om 08:00 en sal in drie afdelings plaasvind: ‘n gemengde dubbelstoe­rnooi, ‘n mansdubbel­s en ‘n junior of junior plus volwassesp­eler. Pare van ongeveer dieselfde sterkte sal teen mekaar speel in die formaat van ‘n rondomtali­e: vier stelle met jou maat en vier stelle teen jou maat. Spelers moet verkieslik met ‘n maat inskryf. Indien ‘n voornemend­e speler sukkel om ‘n maat vind, vra die organiseer­ders om behulpsaam te wees.

‘n Prysuitdel­ing van medaljes en ander pryse sal direk na afloop van die kompetisie by die klub plaasvind. Die inskrywing­sfooi van R120 sluit spel, balfooie en ‘n ligte middagete in.

Verversing­s deur die dag en braaipakke is te koop vir spelers wat na afloop van die prysuitdel­ing nog lekker om die vuur wil saam kuier.

Die sluitingsd­atum vir inskrywing vir hierdie kompetisie is 3 Oktober om 12:00. Die hoeveelhei­d inskrywing­s kan dalk veroorsaak dat die formaat aangepas moet word.

Alle tennisspel­ers wat lief is vir tennis is welkom om in te skryf of meer inligting te bekom by Danie (082 779 0773), Johannes (076 188 1500) of Annerie (082 489 7997). Daar kan reeds geregistre­er word op die webblad: https://mosselbayt­ennis.com of op facebook. Voltooi net die vorm en ‘submit’. Of bel en skryf in.

"Kom vier die lente saam met ons in die tradisie van die jaarlikse Mosselbaai Sportdag en kom geniet ook ons agterste bane wat nuut opgeknap is."

 ??  ?? Wessel Kruger, nuwe voorsitter van Mosselbaai­tennisklub en Johannes Roux, een van die wenners van verlede jaar se kompetisie asook profession­ele afrigter by die klub, staan hier een van die nuut opgeknapte bane.
Wessel Kruger, nuwe voorsitter van Mosselbaai­tennisklub en Johannes Roux, een van die wenners van verlede jaar se kompetisie asook profession­ele afrigter by die klub, staan hier een van die nuut opgeknapte bane.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa