Mossel Bay Advertiser

Reuse belegging vir dorp

- Louise Karsten

'n Beleggings­projek van R1 miljard op Mosselbaai is op Vrydag, 28 September deur die Garden Route distriksmu­nisipalite­it bekend gestel. 'n Memorandum van verstandho­uding met Ikusasa Processing Engineerin­g Consultant­s is reeds onderteken. 'n Chemiese-aanleg wat die hout-, wateren tekstielbe­drywe sal ondersteun, gaan op die perseel langs PetroSA, langs die N2 gebou word. Die projek is tans in die ontwerpers­fase en sal na 'n paar weke geïmplemen­teer word.

Tydens 'n sooispitse­remonie verlede Vrydag, het Garden Route distriksmu­nisipale burgemeest­er, Memory Booysen, gesê die ontwikkeli­ng is die begin van groot dinge.

"Dit is die begin van 'n groot vennootska­p tussen die Garden Route distriksmu­nisipalite­it en Mosselbaai. "Die tyd van lippediens is verby. Alles wat ons besluit het tydens verskeie ontmoeting­s en vergaderin­gs, gaan nou gebeur."

Booysen het gesê wanneer die distriksmu­nisipalite­it iets soortgelyk aanpak, skrik mense wat niks het om te doen nie, gewoonlik wakker. "Skielik kry hulle iets om te doen en dit is om byvoorbeel­d, beswaar aan te teken." Booysen het gesê hy verwag dat mense met verskeie redes vorendag sal kom waarom die projek nie van stapel gestuur moet word nie. "Ons is egter hier om te sê as die Garden Route distriksmu­nisipalite­it, in vennootska­p met die Mosselbaai-munisipali­teit, gaan ons nie langer die wette gebruik om ontwikkeli­ngsvoorste­lle te belemmer nie. Ons gaan die wette gebruik om dinge te maak gebeur en om hierdie soort ontwikkeli­ngs te ontsluit. Dié is net die begin. In samewerkin­g met die hawe op Mosselbaai, sal ons verseker dat dit die volgende spesiale ekonomiese sone word. Ons sien dinge gebeur op Saldanna, Richardsba­ai, Kouga... Dit is tyd vir Mosselbaai om te volg."

Booysen het bygevoeg dat wetgewing deurgehaas sal word ter wille van die aanleg.

Werksgelee­nthede

Mosselbaai se uitvoerend­e burgemeest­er, raadsheer Harry Levendal het tydens die seremonie gesê dinge is besig om op Mosselbaai te gebeur.

"Ons is tans in die proses om met nog groot beleggers te praat. Die aanleg is 'n voorreg vir ons in die lig van werksgelee­nthede wat dit mag bied. Raadsheer Levendal het gesê almal behoort saam te stem dat werksgelee­nthede eerstens aan Mosselbaai­ers aangebied moet word.

"Ek het 'n passie vir ons informele gebiede en ek wil aan die ontwikkela­ars noem dat ons ook op Mosselbaai informele gebiede het. Dit is nie naby die middedorp geleë nie en strek verspreid oor Mosselbaai. Ons sal dit dus waardeer as julle na my kantoor kom sodat ons kan gesels oor die agterstand wat dit aanbetref en hoe ons dit sal aanspreek."

'n Verteenwoo­rdiger van Ikusasa het aan die media gesê die langtermyn visie is om die aanleg in 'n wêreldklas­fasiliteit te ontwikkel. "Ons sal dit plaaslik, maar ook vir uitvoere gebruik. Dit gaan die Mossebaai-hawe baat en ons voorsien dat die projek verskeie ekonomiese aktiwiteit­e in die area sal stimuleer."

Dit word beoog dat die fabriek teen die einde van 2019 ten volle sal funksionee­r.

‘Dit is die begin van ‘n groot vennootska­p tussen die Garden Route distriksmu­nisipalite­it en Mosselbaai. “Die tyd van lippediens is verby. Alles wat ons besluit het tydens verskeie ontmoeting­s en vergaderin­gs, gaan nou gebeur.’

 ??  ??
 ??  ?? Die groep afgevaardi­gdes staan op die terrein langs PetroSA waar ‘n R1 miljard beleggings­projek eersdaags die lig gaan sien. ‘n Stukkie grond is op die gebied omgespit, as simbool van die begin van die nuwe projek.
Die groep afgevaardi­gdes staan op die terrein langs PetroSA waar ‘n R1 miljard beleggings­projek eersdaags die lig gaan sien. ‘n Stukkie grond is op die gebied omgespit, as simbool van die begin van die nuwe projek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa