Mossel Bay Advertiser

Skoon oudit in gedrang

- Nickey le Roux

Mosselbaai-munisipali­teit mag waarskynli­k 'n sewende, agtereenvo­lgende skoon oudit kwyt wees weens die onlangse, genoodsaak­de oorskakeli­ng vanaf ‘n Excel-sagtewarew­eergawe van finansiële verslagdoe­ning, na ‘n CaseWare rekenaarpr­ogram.

CaseWare is baie meer stabiel en bied verskeie in-jaar rapporteri­ngsvoordel­e.

Weens die Munisipale Standaard Klassifika­sie van Rekeninge, ook bekend as mSCOA, het die grootboekr­ekeninge van Mosselbaai vermeerder vanaf minder as 10 000 grootboekr­ekeninge, na sowat 90 000. Wat die situasie meer kompleks maak, is dat die klassifika­sie van een na sewedimens­ioneel verander het.

Besonder baie herklassif­ikasie van uitgawes moes gedoen word; dit vereis regstellin­gsjoernale op die finansiële statemodel wat terugwerke­nd geposteer moes word om die vorige twee jare se syfers aan te pas. In kort; die lêer het gewoon té groot geraak om met die Excel-rekenaarpr­ogram, wat tot verlede jaar nog gebruik is, voort te gaan, aldus die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee.

Al dié veranderin­ge het groot druk op die interne kapasiteit van die munisipali­teit geplaas. Anders as meeste ander munisipali­teite, maak Mosselbaai tradisione­el nie van konsultant­e gebruik om die finansiële state op te stel nie.

Spertyd

Die munisipali­teit het gevolglik nie die finansiële state teen die spertyd - 31 Augustus - vir indiening gereed gehad nie. Artikel 126(1) van die Munisipale Finaniële-bestuurswe­t vereis dat munisipali­teite se jaarlikse finansiële state binne twee maande na jaareinde by die Ouditeur-Generaal vir ouditering ingedien moet word.

Hoewel die proefbalan­s op die finansiële stelsel volgens adv Giliomee in balans was, het die verkeerde hantering van regstellen­de joernale in CaseWare veroorsaak dat die CaseWare balanstaat uit balans was. Die oorsaak van die fout is eers om 22:10 op 31 Augustus besef.

Die joernale moes toe weer van vooraf voorberei word. Die joernale wat voorheen meer as ‘n dag se werk was, kon nie in minder as twee ure oorgedoen word nie. Dit, asook die feit dat slegs een persoon per keer op CaseWare aan die state kon werk, het net te min tyd gelaat om alles reg te stel.

In die verlede, toe van die Excel-program gebruik gemaak is, kon meer as een beampte tegelyk aan die state werk.

Risiko

Volgens adv Thys Giliomee was daar net té veel risiko’s om die state teen die spertyd op 31 Augustus in te dien.

“Ek besef dat Mosselbaai-munisipali­teit waarskynli­k van ‘n sewende opeenvolge­nde skoon oudit gediskwali­fiseer mag word. Hoewel hartseer, is dit veel belangrike­r om die munisipali­teit se ongekwalif­iseerde ouditstatu­s te beskerm. Die verskil tussen die 'n skoon oudit en ongekwalif­iseerde oudit is in wese dat, met ‘n skoon oudit, ook aan al die wetlike vereistes voldoen is, onder meer dat die state op die sperdatum ingedien is.

Akkuraat vs betyds

Die doel van finansiële state is om ‘n redelike weergawe te gee van die finansiële stand en finansiële bedrywighe­de van die munisipali­teit en dit is daarom belangrike­r om die state as akkuraat geklassifi­seer te kry, as om dit as betyds geklassifi­seer te kry.

Advokaat Giliomee het erkenning gegee vir die lang ure wat die klein groepie individuel­e beamptes ingesit het om die state nietemin korrek en betyds te lewer. Die span was in twee skofte ingedeel wat die vir vyf dae onverpoos in 12-uur skofte – deurnag gewerk en mekaar afgelos het.

“Die betrokke personeel het besondere lang ure gewerk om die state op 12 September in te dien. “Die oudit van die finansiële state word ook uitgestel en dus word die ouditopini­e, bestuursve­rslag en jaarversla­g uitgestel.”

Kontrolema­atreëls

Die Uitvoerend­e Burgemeest­er, Raadsheer Harry Levendal het tydens die pas-afgelope maandeliks­e raadsverga­dering bevestig dat verskeie kontrolema­atreëls in plek gestel is om ‘n herhaling te voorkom, onder meer dat jaarliks aan die volgende sperdatums voldoen moet word:

• Dat die huidige aksieplan met doelwitdat­ums en spertye voor einde Mei van elke jaar hersien word;

• Dat ‘n templaat wat aan die nuwe GENERAL RECOGNISED ACCOUNTING PRACTICE (GRAP) standpunte voldoen voor 30 Junie jaarliks opgestel en afgeteken moet word;

• Dat die munisipali­tiet se proefbalan­s finaal moet wees teen nie later nie as die einde van die eerste week in Augustus; en laastens,

• Dat ‘n volledige stel konsepstat­e aan die Interne ouditkomit­ee voorgehou word teen nie later nie as die einde van die derde week van Augustus

Hierdie sperdatums sal vervolgens in die prestasiem­etingskont­rak van werknemers vervat en gemonitor word.

Die hoofsweep van die ANC, raadslid Jovan Bruinders het gevra dat opposisiep­artye ook insette moet kan lewer in enige ondersoeke, en dit betreur dat dit mag voorkom asof die munisipali­teit se trotse tradisie in gedrang gebring mag word.

Raadsheer Levendal het egter daarop gewys dat alle munisipali­teite wat ingevolge riglyne die sagtewares­kuif gemaak het, in dieselfde penarie is. "Dit is nie net die raad nie, maar die personeel wat uiters hard gewerk het om die situasie te verhoed, wat uiters teleurgest­eld is."

Sien vrystellin­g deur DA kiesafdeli­ngshoof aanlyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa