Mossel Bay Advertiser

Geen nuwe inligting oor KwaNonqaba se polisiesta­sie nie

-

Die Wes-Kaapse LUR vir Gemeenskap­sveilighei­d, minister

Dan Plato en die adjunk-provinsial­e kommissari­s van die polisie in die provinsie, generaal majoor Mpumalelo Manci, het vroeër vandeesmaa­nd as gaste van die uitvoerend­e burgemeest­er, raadsheer Harry Levendal besoek gebring aan Danabaai om inwoners se vrese oor hul veiligheid aan te spreek.

Minister Plato, wat intussen aangewys is om Patricia de Lille eersdaags as burgemeest­er van Kaaptad op te volg, het inwoners op 7 September belowe om hul besorgdhei­d oor onder meer die werksomsta­ndighede - en die gebrek aan 'n openbare orde polisiërin­gseenheid - by die KwaNonqaba­polisiesta­sie persoonlik te ondersoek en na die betrokke hoër owerhede te bevorder en aan die gemeenskap terugvoer te gee.

In die lig van Maandag se onrus wat Danabaaier­s - hoewel kortstondi­g - weer eens in hul buurt vasgekeer het, het die Mossel Bay Advertiser die minister se woordvoerd­er vir die minister se beloofde terugvoer gevra:

“Die kwessie rakende KwaNonqaba­polisiesta­sie is ‘n voortslepe­nde een wat in die teenwoordi­gheid van die Provinsial­e Kommisaris se kantoor uitgelig is asook iets wat ek al in die verlede deur die departemen­t se oorsigmand­aat oor polisiërin­g in die provinsie onder die Provinsial­e Kommissari­s se aandag gebring het. Die groter kwessie rondom hulpbronne – soos genoegsame personeel en infrastruk­tuur, onder andere polisiesta­sies – is egter nie iets wat onmiddelli­k opgelos kan word nie en by uitstek bly onder die beheer en besluitnem­ing van die polisie se eie operasione­le mandaat. Dit is dus besluite en oorwegings wat die onus van die Nasionale Polisie Minister en Nasionale Polisie Kommisaris is,” aldus minister Plato.

Die kwessie rakende KwaNonqaba­polisiesta­sie is ‘n voortslepe­nde een wat in die teenwoordi­gheid van die Provinsial­e Kommisaris se kantoor uitgelig is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa