Mossel Bay Advertiser

Wegholtrok maak amok op pas

- Nickey le Roux

Marcois Louw en sy eggenoot het wonderbaar­lik oorleef toe hul vragmotor Saterdag omstreeks 11:00 op die Robinsonpa­s onklaar geraak en digby die ingang na Ruiterbos omgeslaan het.

Volgens 'n omstander was dit net genade dat die insittende­s die ongeluk oorleef het.

Die vragmotor en twee waens, wat staalstruk­ture van etlike tonnemaat vervoer het, het Saterdagog­gend, 29 September teen die bloekombom­e by die ingang na Ruiterbos op die R328 te lande gekom. Louw, die eienaarbes­tuurder van die vragmotor het sover bekend 'n been in die voorval gebreek, en sy eggenoot het 'n enkel en skouerbese­ring opgedoen. Beide is na die Mosselbaai provinsial­e hospitaal vir behandelin­g geneem. Marcois is sedertdien uit die hospitaal ontslaan terwyl sy vrou teen druktyd steeds in die George-hospitaal se intensiewe sorgeenhei­d behandel word.

Terblanche het egter met die grootste lof van 'n lid van die KwaNonqaba-polisie wat die toneel hanteer het, gepraat.

"Die polisielid het werklik die ekstra myl geloop. Hy het verseker dat die Louw-egpaar se persoonlik­e besittings beveilig word en het dit aan hulle terugbesor­g. Hy het selfs tussenbeid­e getree toe 'n omstander 'n part van die vragmotor wederregte­lik wou verwyder en ook dit aan die egpaar besorg. Hierdie lid was op die toneel en het met die grootste omsigtighe­id en integritei­t teenoor die publiek opgetree en verdien alle lof."

Die ongeluksto­neel is eers sowat 20:00 op Saterdagaa­nd opgeruim. Die Da Gamaskoppo­lisie ondersoek na wat berig word 'n saak van roekelose en nalatige bestuur.

 ??  ?? Omstanders meen dit is net genade dat twee mense met slegs geringe beserings die ongeluk Saterdagog­gend in die Robinsonpa­s oorleef het.
Omstanders meen dit is net genade dat twee mense met slegs geringe beserings die ongeluk Saterdagog­gend in die Robinsonpa­s oorleef het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa