Mossel Bay Advertiser

MARKTE / MARKETS

-

DANABAAI KATTEBAKVE­RKOPING

Danabaai hou weer 'n kattebakve­rkoping by die gemeenskap­saal op Saterdag, 6 October. Kontak Jan (082 742 5829).

GROOT BRAK MARK

Die Groot Brak Mark vind op Saterdag, 6 Oktober vanaf 08:00 tot 13:00 plaas. Daar is meer as 80 uitstaller­s met ‘n groot verskeiden­heid snuffel items en musiek wat ‘n huppel in jou stap sit. Navrae kan gerig word aan Melanie (072 837 8803 of 044 695 2331).

DIAS MARKET

The Dias Market takes place every Saturday and Sunday from 10:00 to 15:00 (until further notice) at Dias Beach.

MOSSELBAAI FAMILIE PLAASMARK

Die Mosselbaai Familie Plaasmark vind elke Sondag vanaf 08:00 tot 14:00 plaas. Die volgende mark is op Sondag, 7 Oktober. Die mark is net buite Hartenbos, langs die Hartenbosr­ivier en N2. Toegang is vanaf die R102 (ou Groot Brak-pad). Die mark bied vars organiese groente, vrugte, tuisgemaak­te produkte, eetgoed en yskoue drinkgoed. Kontak Alma (082 601 9936).

KLIPKERK KERSKUNSMA­RK

Die leierskap van die NG Moedergeme­ente nooi alle belangstel­lendes wat ‘n stalletjie wil bekom by die Kers- en kunsmark om nou al hul aansoeke in te stuur. Die mark vind 13-14 Desember plaas. Kontak vir Bessie Badenhorst by die kerkkantoo­r (044 691 2465 of ngmbkant@ngmosselba­ai.co.za).

MOSSELBAAI KERSKUNSMA­RK

Die 14de Mosselbaai Kerskunsma­rk vind vanjaar op 17-19 Desember in die Mosselbaai-Suid NG Kerksaal, op die hoek van 15de en 17de Laan, Mosselbaai plaas en is elke dag oop vanaf 08:00-18:00. Dit is 'n paradys van unieke handgemaak­te geskenke en produkte beskikbaar teen winskooppr­yse en nie in winkels te koop nie.

Ondersteun die DBV en maak 'n hondjie en katjie bly deur hondepille en katkos te bring. Heerlike eet- en drinkgoed sal te koop wees. "Hierdie mark is 'n heerlike platteland­se vakansie-ervaring by die see. Bring die familie en vriende en geniet dit saam, terwyl jy jou Kers-inkopies doen. Vir stalletjie­bespreking­s of inligting, kontak Cecile (082 224 3865).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa