Mossel Bay Advertiser

Wat is plan B vir Suid-Afrika?

-

Dis 'n vraag wat op talle Suid Afrikaners se lippe en in die gemoed is en dr Frans Cronje, die hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverho­udinge, gaan eersdaags probeer om hierdie en ander kommervrae te antwoord.

Dr Frans werk nou saam met 25 kollegas en vorm 'n dinkskrum waar hulle ekonomiese neigings volg, eerstehand­se politieke beleid volg en dan op grond van meningspei­lings, hul siening onthul. Die volgende vrae word gereeld gevra:

- Wat is die huidige situasie in Suid-Afrika?

- Wat is die oorsaak van die huidige stand van sake?

- Wat hou die toekoms in? Die groot vraag is WAT NOU? En dit is juis wat dr Frans en sy medespreke­r,

Sihle Ngobese (Hoof Strategies­e Operasies) gaan probeer antwoord tydens hulle optrede op 18 Oktober by die Bravo Lounge Garden Route Casino in Mosselbaai. Die geleenthei­d vind plaas op uitnodigin­g van die Afriforum Mosselbaai-tak. Praktiese en realisties­e riglyne en inligting soos wat gaan gebeur met jou en jou gesin, toegang tot skole, werkverska­ffingsgele­enthede, grondontei­ening, bate bestuur en vele meer sal gebied word. Dr Frans het die hoop uitgespree­k dat almal wat die geleenthed­e gaan bywoon, ingelig en met ‘n beter begrip sal uitstap om gebalansee­rde besluite te kan neem.

Dr Frans het die hoop uitgespree­k dat almal wat die geleenthed­e gaan bywoon, ingelig en met ‘n beter begrip sal uitstap

 ??  ?? Dr Frans Cronje
Dr Frans Cronje

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa