Mossel Bay Advertiser

Besorgde leser soek antwoorde

-

Arthur van Vuuren, skryf:

Dié skrywe verwys na die onlangse geweld en plundering op die N2 neffens Asla.

Die meeste feite is wel bekend en sosiale media het behoorlik gegons.

Die volgende besorgdhed­e word uitgelig:

• Dit word vermoed dat kriminele elemente doelgerig in sekere gemeenskap­pe ingevoer word, reeds om paniek, intimidasi­e en verwoestin­g te saai. Dis ‘n uiters gevaarlike situasie en bron van groot kommer, aangesien wetsgehoor­same inwoners toenemend ongelukkig raak. Met verwysing na gebeure elders, wil dit voorkom of geaffektee­rde gemeenskap­pe nou begin saamspan om die misdadighe­id en wanorde self aan te spreek.

• Dis skokkend om die barbaarse geweld, plundering en vernietigi­ng van eiendom gade te slaan, met wetstoepas­sers wat bloot as toeskouers optree. Selfs kinders neem lustig deel aan die plundering, volgens videobewys­e.

• Die Mosselbaai­munisipali­teit praat eerder met die oproeriges (kriminele elemente) as met erkende gemeenskap­leiers van geaffektee­rde gemeenskap­pe. Dis ‘n onuithoudb­are situasie en daar word indringend versoek dat die MBM ook met ander gemeenskap­pe en organisasi­es vergader, om soedoende gesonde balans en blywende oplossings te bewerk en te handhaaf.

• Onwettige gronbesett­ings en oprigting van strukture gaan steeds ongehinder­d voort, gevolg deur dienste-diefstal ten koste van wetsgehoor­same en wettige inwoners. Berigte word steeds ontvang, dat die MBM gestaak het om onwettige aansluitin­gs te verwyder, wat bydra tot die invloei van selfs nog meer onwettige immigrante uit buurlande.

• Die wetstoepas­sers is bloot onwillig of ongemagtig om dié probleem aan te spreek.

• Onrealisti­ese eise word gemaak, deur sogenaamde “gemeenskap­sleiers” wat duidelik ‘n anargistie­se agenda najaag. Die eise is bloot onhaalbaar en boonop onbekostig­baar.

• Die wetsgehoor­same gemeenskap­pe (meestal ekonomies-bydraende groepe, wat sakelui insluit) word klaarblykl­ik gestraf deur onbekostig­bare verhogings in dienstetar­iewe, asook verminderi­ng in voordele, soos weer onlangs ervaar. Die afleidings kan gemaak word, dat dié bydraes hul weg vind om die gevolge van genoemde geweldadig­e, kriminele vernietigi­ng van infrastruk­tuur en eiendom te herstel en/of vervang.

• Wanneer gaan die MBM die mandaat aan hulle toevertrou begin uitvoer en wet en orde herstel, soos toegelaat binne ons landswette? Ons wil asseblief dringend antwoorde hê, nie leë beloftes en verskoning­s nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa